Leesplan inligting

"Our Daily Bread" Paasfees: Ongelooflike GenadeVoorbeeld

Our Daily Bread Easter: Amazing Grace

DAG 4 VAN 10

Herstel of Vervang?



Dit was tyd om die afwerking aan die vensters van ons huis reg te maak. So ek het geskraap, geskuur en houtvuller aangewend om die verouderde afwerking gereed te kry vir verf. Na al my pogings – insluitend 'n laag onderlaag en 'n bietjie te duur verf – lyk die afwerking, wel, redelik goed. Ongelukkig lyk dit nie nuut nie. Die enigste manier om die afwerking nuut te laat lyk, is om die ou hout te vervang. Dit is aanvaarbaar om weer beskadigde venster afwerkings te hê wat vir ons "redelik goed" lyk. Wanneer dit by ons sonde-beskadigde harte kom, is dit egter nie genoeg om 'n poging aan te wend om dinge beter te laat lyk nie.



Vanuit God se oogpunt het ons nodig dat alle dinge nuut word (2 Korintiërs 5:17). Dit is die wonder van verlossing deur geloof in Jesus. Hy het aan die kruis gesterf as 'n offer vir ons sonde en opgestaan ​​uit die dood om sy mag oor sonde en dood te vertoon. Die gevolg is dat geloof in die werk van Christus in God se oë van ons 'n "nuwe mens" maak en die oue met 'n nuwe lewe vervang. As God na ons kyk deur Jesus en sy werk vir ons aan die kruis, sien ons Hemelse Vader elkeen wat sy of haar geloof in Hom gestel het, as nuut. Sonde het groot skade aangerig. Ons kan dit nie self regmaak nie. Ons moet Jesus as Verlosser vertrou en Hom toelaat om ons 'n splinternuwe lewe te gee.



— Dave Branon Net Jesus kan aan jou 'n nuwe lewe gee.
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread Easter: Amazing Grace

Ontdek meer oor God se wonderlike genade terwyl jy hierdie 10 Paasfees oordenkings van "Our Daily Bread" lees.

Baie dankie aan "Our Daily Bread Ministries" wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek www.odb.org vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid