Leesplan inligting

"Our Daily Bread" Paasfees: Ongelooflike GenadeVoorbeeld

Our Daily Bread Easter: Amazing Grace

DAG 5 VAN 10

Net die Kaartjie



Toe 'n polisiebeampte 'n vrou voorgekeer het omdat haar jong dogter in 'n motor sonder die vereiste karstoeltjie gery het, kon hy vir haar 'n kaartjie vir 'n verkeersoortreding geskryf het. Hy het eerder die ma en dogter gevra om hom by 'n nabygeleë winkel te ontmoet waar hy persoonlik vir die nodige karstoeltjie betaal het. Die ma het deur 'n moeilike tyd gegaan en kon nie bekostig om een te koop nie. Hoewel die vrou ’n boete vir haar oortreding moes ontvang het, het sy eerder met ’n geskenk weggestap. Enigeen wat Christus ken, het al iets soortgelyks ervaar. Almal van ons verdien 'n straf vir die oortreding van God se wette (Prediker 7:20).



Tog, as gevolg van Jesus, ervaar ons onverdiende guns van God. Hierdie guns verskoon ons van die uiteindelike gevolg van ons sonde, wat die dood en ewige skeiding van God is (Romeine 6:23). “Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God” (Efesiërs 1:7). Sommige verwys na genade as “liefde in aksie”. Toe die jong ma dit ervaar, het sy later opgemerk: "Ek sal vir ewig dankbaar wees! ... Sodra ek dit kan bekostig, sal ek weer guns aan iemand anders betoon." Hierdie dankbare en groothartige reaksie op die polisieman se geskenk is 'n inspirerende voorbeeld vir diegene van ons wat die geskenk van God se genade ontvang het!



— Jennifer Benson Schuldt God se geskenk is genade.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread Easter: Amazing Grace

Ontdek meer oor God se wonderlike genade terwyl jy hierdie 10 Paasfees oordenkings van "Our Daily Bread" lees.

Baie dankie aan "Our Daily Bread Ministries" wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek www.odb.org vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid