Leesplan inligting

"Our Daily Bread" Paasfees: Ongelooflike GenadeVoorbeeld

Our Daily Bread Easter: Amazing Grace

DAG 1 VAN 10

Met Genade Beoordeel



My seun se helder oë het geskitter van opgewondenheid toe hy vir my 'n vraestel wys wat hy van die skool af huis toe gebring het. Dit was 'n wiskunde toets, gemerk met 'n rooi ster en 'n punt van 100 persent. Terwyl ons die eksamen bespreek het, het hy gesê hy het nog drie vrae oorgehad om te beantwoord toe die onderwyser gesê het die tyd is verby. Ek het verbaas gevra hoe hy volpunte kon kry. Hy het geantwoord: “My onderwyser het my genade bewys. Sy het my die toets laat voltooi alhoewel die tyd al verstreke was.”



Terwyl ek en my seun die betekenis van genade bespreek het, het ek daarop gewys dat God vir ons meer gegee het as wat ons deur Christus verdien. Ons verdien die dood as gevolg van ons sonde (Romeine 3:23). Nogtans, “toe ons nog sondaars was” het Christus vir ons gesterf (Romeine 5:8). Jesus — sondeloos en heilig — het sy lewe prysgegee sodat ons die straf vir ons sonde kan vryspring en eendag vir ewig in die hemel kan lewe. Die ewige lewe is 'n gawe van God. Dit is nie iets wat ons verdien deur daarvoor te werk nie. Ons word gered deur God se genade, deur geloof in Christus (Efesiërs 2:8–9).



— Jennifer Benson Schuldt Genade en barmhartigheid is onverdiende seëninge.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread Easter: Amazing Grace

Ontdek meer oor God se wonderlike genade terwyl jy hierdie 10 Paasfees oordenkings van "Our Daily Bread" lees.

Baie dankie aan "Our Daily Bread Ministries" wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek www.odb.org vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid