Leesplan inligting

"Our Daily Bread" Paasfees: Ongelooflike GenadeVoorbeeld

Our Daily Bread Easter: Amazing Grace

DAG 2 VAN 10

Liefde Slotte



“Liefde Slotte” is 'n groeiende verskynsel. Duisende mense wat verlief is, het hierdie liefde slotte aan brûe, hekke en heinings regoor die wêreld vasgemaak, insluitend Frankryk, China, Oostenryk, Tsjeggië, Serwië, Spanje, Mexiko en Noord-Ierland. Paartjies graveer hul name op 'n hangslot en heg dit dan op 'n openbare plek om hul ewige liefde te simboliseer.



Owerhede van sommige landmerke frons daaroor weens die gevaar wat dit kan inhou as te veel aangeheg word. Sommige dink dit is dade van vandalisme, terwyl ander dit as 'n pragtige kuns en 'n prentjie van toegewyde liefde beskou. Die Here het vir ons ware "ewige liefde" in 'n openbare plek gewys. Hy het sy liefde aan die kruis vertoon toe Hy sy lewe gegee het om vergifnis van sonde te bewerkstellig. Hy gaan ook daagliks voort om sy liefde aan ons te wys.



Verlossing is nie net 'n belofte dat ons die ewigheid met God sal deurbring nie, maar dit is ook 'n daaglikse ervaring van vergifnis, versekering en genade in ons verhouding met Hom. Jesus se liefde vir ons is die basis van Paulus se uitdaging om “in liefde te lewe” teenoor ander (Efesiërs 5:2). Die liefde van ons Vader stel ons in staat om geduldig en vriendelik te wees. In sy Seun het Hy ons die uiteindelike voorbeeld en manier gegee om mekaar lief te hê — vir ewig.



— Anne Cetas Jesus wys ons hoe om lief te hê.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread Easter: Amazing Grace

Ontdek meer oor God se wonderlike genade terwyl jy hierdie 10 Paasfees oordenkings van "Our Daily Bread" lees.

Baie dankie aan "Our Daily Bread Ministries" wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek www.odb.org vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid