Leesplan inligting

"Our Daily Bread" Paasfees: Ongelooflike GenadeVoorbeeld

Our Daily Bread Easter: Amazing Grace

DAG 10 VAN 10

'n Vader Wat Hardloop



'n Pa het elke dag sy kop gedraai om na die verre pad te kyk en te wag vir sy seun se terugkeer. Elke aand het hy teleurgesteld gaan slaap, maar eendag het 'n spikkeltjie verskyn. 'n Eensame silhoeët staan ​​teen die bloedrooi lug. Kan dit my seun wees? wonder die pa. Toe sien hy die bekende manier van stap. Ja, dit moet my seun wees! Terwyl die seun “nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom” (Lukas 15:20).



Dit is merkwaardig dat die familie patriarg iets gedoen het wat in die Midde-Oosterse kultuur as onwaardig beskou is — hy het gehardloop om sy seun te ontmoet. Die pa was vol vreugde met sy seun se terugkeer. Die seun het nie so 'n ontvangs verdien nie. Toe hy sy pa vir sy deel van die erfporsie gevra het en die huis verlaat het, was dit asof hy sy pa dood gewens het. Ten spyte van alles wat die seun aan sy pa gedoen het, was hy steeds sy seun (vers 24).



Hierdie gelykenis herinner my dat ek deur God aanvaar word as gevolg van sy genade, nie as gevolg van my verdienste nie. Dit verseker my dat ek nooit so diep sal sink dat God se genade my nie kan bereik nie. Ons Hemelse Vader wag om met ope arms na ons toe te hardloop.



— Poh Fang Chia Ons verdien straf en kry vergifnis; ons verdien God se toorn en kry God se liefde.
Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread Easter: Amazing Grace

Ontdek meer oor God se wonderlike genade terwyl jy hierdie 10 Paasfees oordenkings van "Our Daily Bread" lees.

Baie dankie aan "Our Daily Bread Ministries" wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek www.odb.org vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid