Leesplan inligting

Om in Stilte te Sit: Sewe Dae om op God se Beloftes te WagVoorbeeld

Sitting in the Still: 7 Days to Waiting Inside of God’s Promise

DAG 1 VAN 7

DAG 1

OM IN STILTE TE SIT: IN DIE STIL TYE

Om mee te begin, kyk ons na iemand wat 'n belofte van God ontvang het, lank voordat die persoon die vreugde daarvan kon smaak. Die verhaal van Sara en Abraham gee my altyd deursettingsvermoë wanneer die vervulling van 'n belofte so ver weg lyk.


God maak dikwels 'n belofte aan ons bekend voordat Hy die proses aan ons bekend maak. God het vir Sara gesê sy sal op haar oudag geboorte skenk, maar God het nooit vir haar gesê presies hoe oud sy sou wees nie. God het ook nie vir Sara gevra om Hom te help om sy belofte in vervulling te bring nie. Met die verloop van tyd het Sara en Abraham niks verder van God gehoor of gesien aangaande die belofte wat Hy gemaak het nie. Hulle het begin dink dat God hulle hulp nodig het om sy belofte aan hulle waar te maak. Hoeveel keer is ons nie ook hieraan skuldig nie?


God wys ons wat die bestemming is voordat Hy vir ons aanwysings gee. Miskien om ons hoop te gee, wanneer ons ons in die stil tye bevind en dit voel asof niks gebeur nie. 'n Stil tyd is belangrik, want dit is waar ons geloof ten toon gestel en versterk word. In die stil tye leer ons lesse, gehoorsaamheid, geduld en deursettingsvermoë.


Dit is lewensbelangrik dat ons getrou bly in die stil tye eerder as om die proses te probeer versnel deur dinge te doen om God te help. Ons behoort ook nie emosionele besluite te neem en aan te beweeg na iets wat ons dink God wil hê ons moet doen nie.


In die stil tye, leer ons om God se stem en sy stiltes te herken. As ons iets doen sonder om van God te hoor, kan ons die belofte wat God gemaak het in die wiele ry of die vervulling daarvan vertraag. Sara en Abraham het besluit om sonder God op hul eie op te tree. Hulle het nie God se belofte verbeur nie, maar hulle het onnodige spanning in hul eie sowel as ander se lewens veroorsaak.


In ons haas om 'n belofte se vervulling te beleef, wil ons dikwels ook soos Sara en Abraham inspring om God te help, maar sodoende word die belofte wat sonder spanning vervul sou word, iets wat spanning bring. Moenie jou belofte in gevaar stel deur te weier om in die stil tye op God te wag nie. Laat God toe om sy werk in en vir jou te voltooi. Ontvang alles wat God vir jou wil gee deur eenvoudig die stilte te geniet en te bly vashou aan sy beloftes. Moenie beweeg nie, moenie twyfel nie, moenie kla of strategieë uitwerk nie; wees eenvoudig stil en wag. God het 'n plan rakende sy belofte en jou lewe.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Sitting in the Still: 7 Days to Waiting Inside of God’s Promise

Soms het ons 'n belofte van God ontvang, maar ons sien nie hoe hierdie belofte in ons lewens 'n werklikheid word nie. Of soms bereik ons 'n kruispad, en maak op God staat om rigting aan ons lewens te gee, maar al wat ons...

More

Baie dankie aan Jessica Hardrick wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: https://jessicahardrick.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid