GENESIS 18:9-15

GENESIS 18:9-15 AFR83

Toe vra hulle hom: “Waar is jou vrou Sara?” en hy antwoord: “Hier in die tent.” Toe sê die een: “Ek sal beslis volgende jaar hierdie tyd na jou toe terugkom, en dan sal jou vrou Sara 'n seun hê.” Sara het by die tentopening gestaan en afluister, en die een wat gepraat het, was aan die buitekant. Abraham en Sara was albei al baie oud, en Sara was verby die ouderdom van kinders in die wêreld bring, en daarom het sy by haarself gelag en gedink: sal ek nog genot kan hê noudat ek afgeleef is? En dit met my man wat oud is? Toe vra die Here vir Abraham: “Waarom lag Sara? Waarom dink sy: sal ek werklik 'n kind in die wêreld bring noudat ek oud is? Is iets te buitengewoon vir die Here? Op die vasgestelde tyd sal Ek terugkom. Volgende jaar hierdie tyd sal Sara 'n seun hê.” Sara het geskrik en toe 'n leuen vertel. “Ek het nie gelag nie,” het sy gesê. Maar die Here het gesê: “Nee, jy het gelag.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor GENESIS 18:9-15

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid