Leesplan inligting

Om in Stilte te Sit: Sewe Dae om op God se Beloftes te WagVoorbeeld

Sitting in the Still: 7 Days to Waiting Inside of God’s Promise

DAG 7 VAN 7

DAG 7

OM IN STILTE TE SIT: WANNEER ONS WIL PADGEE

Wat gebeur as ons "stil plek" nie vreedsaam is nie? Wat gebeur wanneer jy by 'n onaangename plek vasgeval het? Of dit nou 'n slegte huwelik is, 'n onaangename werksituasie, 'n ongevraagde vriendskap, probleme met die kinders, of 'n kerkgemeenskap wat gefaal het. Dit is alles beproewinge wat ons deurgaan en beproewinge waarin God moontlik wil hê dat ons moet vertoef.


Baie van ons ervaar beproewinge en ons wil dadelik daaruit ontsnap. Wel, God laat dit nie altyd toe nie. Selfs in beproewinge het ons nie die gesag om te besluit of ons wil bly of gaan nie. Ons moet bid en op God wag om vir ons 'n rigtinggewende antwoord te gee. Wanneer God nie antwoord nie, beteken dit nie dat ons toestemming het om pad te gee nie.


Ons almal haat ongemak en ons dink God moet ons red by die eerste tekens van daarvan. Ons dink maklik dat God nie in daardie ongerieflike plekke te vinde is nie, maar inderwaarheid is dit een van die beste plekke om Hom te vind. Ek het van my intiemste oomblikke met God beleef deur Hom heelhartig te soek terwyl ek in ongemaklike "stil plekke" was. Ja, ons kan 'n beproewing kortknip deur die kerkgemeenskap te verlaat, die verhouding te verbreek of by die werk te bedank, maar as ons dit doen, loop ons dalk iets mis wat ons later goed sou kon gebruik in die bereiking van ons lewensdoel.


As God 'n belofte oor jou lewe uitgespreek het, onthou dat daar "gereedskap" is wat jy gaan nodig kry om daardie belofte 'n werklikheid te maak. Indien jy geduldig is gedurende beproewinge en swaar tye, sal jy heelhuids anderkant uitkom. Laat God intussen toe om jou toe te rus met die gereedskap wat jy nodig het vir die vervulling van jou belofte. Bly in die stil plek totdat God sê jy kan dit verlaat. Indien jy op 'n ongemaklike plek op God se leiding wag, hou aan bid en bly aan God getrou. Vertrou dat Hy jou op sy tyd sal red.


Ter afsluiting van hierdie leesplan: Ongeag hoe ongerieflik die "stil plek" is waar God jou geplaas het, neem jou voor om op sy stem te bly sit en wag. Moenie angstig raak nie, moenie luister na stemme wat nie Syne is nie en moenie op jou eie insigte staatmaak nie, want kort voor lank, sál Hy praat.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Sitting in the Still: 7 Days to Waiting Inside of God’s Promise

Soms het ons 'n belofte van God ontvang, maar ons sien nie hoe hierdie belofte in ons lewens 'n werklikheid word nie. Of soms bereik ons 'n kruispad, en maak op God staat om rigting aan ons lewens te gee, maar al wat ons...

More

Baie dankie aan Jessica Hardrick wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: https://jessicahardrick.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid