Leesplan inligting

Om in Stilte te Sit: Sewe Dae om op God se Beloftes te WagVoorbeeld

Sitting in the Still: 7 Days to Waiting Inside of God’s Promise

DAG 5 VAN 7

DAG 5

OM IN STILTE TE SIT: WAG OP JOU ROEPING

Dawid was tussen 16- en 19-jarige ouderdom toe hy reeds die gesalfde koning was, maar eers op dertigjarige ouderdom het hy amptelik oor Israel begin regeer. Hy moes dus wag tot hy 30 jaar oud was en intussen Saul se woede en gramskap en baie ander moeilikhede hanteer, maar hy het getrou gebly en het bly wag op die uiteinde wat God beloof het.


In die koninkryk van God kry ons nie altyd wat ons wil hê nie en ook nie wanneer ons dit wil hê nie. Om te wag is 'n kernbelangrike deel van die lewe waartoe ons geroep is — terwyl ons in Christus tot volwassenheid groei. Om te wag berei ons voor vir ons roeping, versterk ons geloof en leer ons om te volhard.


God het geweet dat Dawid as koning sekere vaardighede, kennis en deursettingsvermoë sou nodig kry om effektief te lei. Ek glo dat God baie dinge wat Dawid as koning sou nodig kry aan hom gedurende daardie jare oorgedra het.


Jy moet waarskynlik ook voorberei word vir die doel wat vir jou lewe bepaal is. Terwyl jy dalk gereed voel om jou roeping te begin uitleef, weet God presies wat dit gaan behels; plaas dus jou vertroue in Hom. Wanneer jy voel dat God jou geroep het en nie verstaan waarom die tyd om jou roeping uit te leef nog nie aangebreek het nie, onthou dat Hy dalk besig is om jou op te lei, net soos in Dawid se geval. Wees gehoorsaam, getrou, geduldig en ywerig in die tydperk voor jy jou lewensdoel bereik. God het altyd 'n beter plan as wat ons mag hê; bid vandag vir jou hart se volle oorgawe aan God se plan en sy volmaakte wil.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Sitting in the Still: 7 Days to Waiting Inside of God’s Promise

Soms het ons 'n belofte van God ontvang, maar ons sien nie hoe hierdie belofte in ons lewens 'n werklikheid word nie. Of soms bereik ons 'n kruispad, en maak op God staat om rigting aan ons lewens te gee, maar al wat ons...

More

Baie dankie aan Jessica Hardrick wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: https://jessicahardrick.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid