Leesplan inligting

Om in Stilte te Sit: Sewe Dae om op God se Beloftes te WagVoorbeeld

Sitting in the Still: 7 Days to Waiting Inside of God’s Promise

DAG 3 VAN 7

DAG 3

OM IN STILTE TE SIT: GOD IS HIER

Baie van ons was al in onmoontlike omstandighede vasgevang met geen sigbare uitweg nie: dalk was dit 'n ongunstige mediese diagnose, of jy het jou werk, of selfs 'n geliefde verloor. In sulke omstandighede kan dit moeilik wees om God te sien of te vind. In situasies soos hierdie staan ons met ons rug teen die muur; ons is vasgevang en kan nie ontsnap nie.


In die Bybel lees ons hoe Jakob weghardloop van 'n situasie wat hy self veroorsaak het. As ons Jakob se bedrieglike, selfs oneerlike optrede, in gedagte hou, kan dit selfs vir ons lyk asof Jakob nie God se guns verdien het nie. Ek is seker Jakob het gevoel dat God nie saam met hóm sou reis nie. Nietemin besoek God vir Jakob terwyl hy hom in hierdie verlate plek bevind — sonder hoop; 'n voortvlugtige as gevolg van sy eie verkeerde dade. Ek twyfel of Jakob verwag het om God op hierdie plek, te midde van sy verknorsing, te vind. Tog, selfs in sy verknorsing, besoek God hom in 'n droom en bevestig selfs in hierdie donker uur sy teenwoordigheid aan Jakob.


Vóór hierdie Goddelike besoek, het Jakob waarskynlik alleen, bang en verlore gevoel. Dalk het hy selfs gevoel dat dit geen nut sou hê om God om hulp en genade te smeek nie. Net soos Jakob, sluit ons onsself dikwels af van God wanneer ons onwaardig voel of wanneer ons dink God het ons te na gekom. Die goeie nuus is egter dat God ons nooit verlaat nie; selfs nie in ons donkerste tye nie, en selfs nie wanneer ons niks van Hom hoor oor ons probleme nie.


Vandat Jakob ontdek het dat God steeds met hom is, het hy die moed gehad om die toekoms binne te stap, in die wete dat God saam met hom sou gaan en hom sou beskerm. Dit kon moontlik die begin van sy persoonlike verhouding met God gewees het. Hy het God moontlik nog net geken deur sy vader se verhouding met Hom, maar het nog nie 'n eie ervaring of verhouding met God gehad nie. Te midde van twis en onstuimigheid, en in 'n stil tyd, het sy verhouding met God 'n werklikheid geword.


As jy vandag in 'n onmoontlike situasie is, ruim tyd in om stil te word, te bid en om God daar waar jy is raak te sien. Hy is by jou. Selfs al voel dit asof God niks sê nie, hou steeds aan om Hom te soek. Hy is daar en op die bestemde tyd, sal Hy Homself aan jou openbaar. God laat ons nooit alleen nie, maar wag vir ons om sy uitnodiging te aanvaar om saam met Hom die lewenspad te stap. God wag vir ons om, net soos Jakob, ín ons moeilike omstandighede, tot die besef te kom dat ons die toekoms saam met God en in sy beskerming moet aanpak. Sal jy sy uitnodiging aanvaar?


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Sitting in the Still: 7 Days to Waiting Inside of God’s Promise

Soms het ons 'n belofte van God ontvang, maar ons sien nie hoe hierdie belofte in ons lewens 'n werklikheid word nie. Of soms bereik ons 'n kruispad, en maak op God staat om rigting aan ons lewens te gee, maar al wat ons...

More

Baie dankie aan Jessica Hardrick wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: https://jessicahardrick.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid