Leesplan inligting

Om in Stilte te Sit: Sewe Dae om op God se Beloftes te WagVoorbeeld

Sitting in the Still: 7 Days to Waiting Inside of God’s Promise

DAG 2 VAN 7

DAG 2

OM IN STILTE TE SIT: WAT OM TE DOEN AS GOD NIKS SÊ NIE.

Dit het al gebeur dat ek God hoor praat het en gereed was, wagtend op verdere opdragte, net om dan vir baie lank niks verder te hoor nie. Dit het ook al gebeur dat God my 'n belofte gegee, en dit my as't ware oorval het, voordat ek tyd gehad het om dit te verwerk. Daar is 'n doel vir tye soos hierdie, maar ook vir die kere wanneer dit jare neem voordat God se belofte 'n werklikheid in jou lewe word.


Ek onthou een tydperk in my lewe toe ek jonk en enkellopend was. Ek was hééltemal enkellopend; dié soort enkellopend waar daar nie eens iemand met potensiaal in sig was nie. Jare tevore is 'n belofte van 'n huwelik egter oor my lewe uitgespreek en ek het hierdie belofte met my saamgedra. Ek het nooit in God se plan vir my lewe getwyfel nie, maar ek het geen steen onaangeroer gelaat in my soeke daarna nie. Soms was ek bang dat ek die belofte van God sou misloop as ek nie op afsprake uitgaan nie. Ek sou my bekommer wanneer ek iemand te vinnig die trekpas gegee het, selfs as ek gevoel het die persoon is nie die regte een vir my nie. Ek wou nie die belofte van God misloop nie, dus het ek bly soek – selfs terwyl Hy stil was.


Ek is seker dat baie van die besluite wat ek gedurende daardie stil tye geneem het, en waardeur ek God wou "help", die vervulling van sy beloftes vir my lewe vertraag het. Ek het keuses uitgeoefen wat meer hartseer veroorsaak het as wat God vir my op hierdie reis beplan het. Soos Sara het ek gedink God het my hulp nodig. In plaas daarvan om die "stil plekke" wat God vir my vasgestel het ten volle te beleef, het ek God probeer help en die proses probeer aanjaag.


As ek nou terugdink, besef ek dat daardie "stil plekke" my voorberei het vir waar ek nou is. Daardie stil plekke het my geloof en deursettingsvermoë geleer en my 'n paar goed laat ervaar wat ek nodig gehad het om deur te gaan om te kom waar ek nou is. Ek is nou sewe jaar getroud en in my hart weet ek dat dit die plek is wat God vir my bestem het.


Wat doen mens in die tyd nadat God 'n belofte op jou hart lê of oor jou lewe uitspreek — voor die oomblik wanneer jy die belofte binnegaan? Jy rus. Jy berei voor. Jy wag. Jy laat God toe om in en deur jou te werk. God weet wat jy nodig het vir die bestemming wat wag, en ek glo Hy rus jou toe in die "stil plekke". Terwyl ons dink God het van ons vergeet, doen Hy sy belangrikste werk in hierdie stil tye.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Sitting in the Still: 7 Days to Waiting Inside of God’s Promise

Soms het ons 'n belofte van God ontvang, maar ons sien nie hoe hierdie belofte in ons lewens 'n werklikheid word nie. Of soms bereik ons 'n kruispad, en maak op God staat om rigting aan ons lewens te gee, maar al wat ons...

More

Baie dankie aan Jessica Hardrick wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: https://jessicahardrick.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid