Leesplan inligting

Herskep deur die WaarheidVoorbeeld

Transformed by Truth

DAG 1 VAN 12

Die Waarheid Omtrent God se Liefde


Jong vroue in vandag se samelewing gaan deur verskeie tydperke van verandering. Wanneer ons groot veranderinge in ons lewe ervaar, is dit so maklik om ons verhouding met God laer af op ons prioriteitslysie te skuif. Ek wil jou aanspoor om in die Woord van God te delf en jouself te herinner dat sy liefde vir jou rotsvas is sodat, ongeag watter veranderinge in jou lewe aan die gebeur is, jou geloof in Christus standvastig sal bly. 'n Persoon wat in Christus gewortel is, is soos 'n boom in 'n storm. Winde kan die boom waai, skud en buig, maar dit sal nie breek nie, omdat sy wortels diep en vas in die grond geanker is!


Die vyand wil jou oortuig dat jy God se liefde moet verdien deur goeie werke, maar die Bybel leer ons dat die geskenk van God se liefde en genade gratis is! God het jou so lief dat Hy sy Seun na die aarde gestuur het om in jou plek 'n wrede, grusame dood te sterf. Hy het hierdie offer gebring om vir ons die weg te baan, sodat ons vir ewig saam met Hom kan lewe. Dit is ook nie al nie. Hy gaan voort om sy genade daagliks aan ons te bewys, al sondig ons teen Hom. Sy liefde is onvoorwaardelik! As jy hierdie leesplan volg, het jy heel waarskynlik al hierdie verhaal gehoor. Moontlik het jy ook al Jesus Christus as jou Verlosser en Saligmaker aangeneem. Ek dink dit is egter steeds belangrik om tyd daaraan af te staan om onsself te herinner hoe ongelooflik ons God is dat Hy so 'n groot offer gebring het vir sondaars soos ek en jy, wat nooit so iets sou kon verdien nie.


Bid — Bring dank en eer aan God vir al die genade en liefde wat Hy aan ons bewys het, al verdien ons niks daarvan nie. Vra Hom om jou deur die loop van die dag aan sy liefde vir jou te herinner.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Transformed by Truth

Een van die Satan se beste strategieë is om mense te laat voel asof hulle heeltemal alleen is in hul twyfel, angs en versoekings. Hierdie leesplan werp lig op sommige van die areas waarmee jong vrouens in hul daaglikse C...

More

Ons wil graag Daily Truth Devotional bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://karajoyblog.wordpress.com/introduction/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid