Leesplan inligting

Herskep deur die WaarheidVoorbeeld

Transformed by Truth

DAG 7 VAN 12

Die Waarheid Omtrent Angs


Die jare wanneer jy uit die kinderjare na volwassenheid oorgaan, kan 'n baie oorweldigende en vreesaanjaende tyd wees. Baie jong vroue gaan nuwe ervarings tegemoet met hoë verwagtinge en vind dan dat hulle totaal hulpeloos voel wanneer dinge nie verloop soos hulle beplan het nie of nie so bevredigend is soos hulle gedink het dit sou wees nie. Angs is deesdae 'n baie algemene probleem binne ons kultuur. Die waarheid is dat angs die natuurlike uitvloeisel is wanneer ons ons vertroue plaas in enigiets anders as God se plan vir ons lewe. Wanneer ons ons vertroue in God se plan plaas, sal ons nooit enige rede hê om bekommerd te wees dat dinge nie tot ons voordeel sal uitwerk nie ... want ons het reeds vooraf besluit dat ons wil hê dinge moet op sy manier verloop!


Ek kan soveel kere in my lewe onthou wanneer ek energie vermors het om myself dood te bekommer oor hoe iets sou uitwerk, net om te vind dat God heeltyd 'n perfekte plan gehad het. Die kans is goed dat jy presies weet waarvan ek praat! Romeine 8:28 sê vir ons dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet. Eers wanneer ons ons twyfel en vrese opsy sit en dit werklik glo, sal ons uiteindelik die vrede kan vind wat alle verstand te bowe gaan! God voorsien vrede aan diegene wat hulle fokus op Hom eerder as op die wêreld plaas. Ek het eenkeer gehoor hoe 'n aanbiddingsleier die spyker op die kop slaan toe sy gesê het dat "bekering" eintlik net 'n ander woord is om met God saam te stem. My gebed is dat jy jou sal bekeer van jou bekommernisse en met God sal saamstem wanneer Hy belowe dat Hy alles onder beheer het!


Uitdaging: Maak 'n lys van dinge in jou lewe waaroor jy jouself gereeld bekommer. Bid en vra God om jou te help om daardie vrese te laat gaan en eerder sy plan te vertrou.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Transformed by Truth

Een van die Satan se beste strategieë is om mense te laat voel asof hulle heeltemal alleen is in hul twyfel, angs en versoekings. Hierdie leesplan werp lig op sommige van die areas waarmee jong vrouens in hul daaglikse C...

More

Ons wil graag Daily Truth Devotional bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://karajoyblog.wordpress.com/introduction/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid