Leesplan inligting

Herskep deur die WaarheidVoorbeeld

Transformed by Truth

DAG 9 VAN 12

Die Waarheid Van Om In Christus te Bly


Die betekenis van die werkwoord bly is "niks verander nie, voortduur, volhard." Om te volhard beteken dat jy bereid sal wees om end-uit vol te hou, ten spyte van jou omstandighede. Dit verg fokus. Waar jou fokus is, bepaal die gedagtes wat jy koester en daardie gedagtes bepaal die besluite wat jy neem. Om met volharding in Christus te bly, is dit noodsaaklik dat jy jou fokus op Hom hou bo enige iets of iemand anders.


As Christene is ons voortdurend in geestelike oorlogvoering met die vyand, selfs wanneer ons dit nie besef nie. Die Satan weet presies hoe om saad van twyfel in ons gedagtes te saai wat ons weglei van die waarheid, en ons meer kwesbaar maak vir versoekings. Het jy al ooit opgelet dat, wanneer jy vir kinders sê dat hulle iets nie mag doen nie, hulle gewoonlik aan niks anders kan dink nie en dit op die ou einde in elk geval gaan doen? Dieselfde kan met ons gebeur. Wanneer ons soveel fokus plaas op dit wat ons weet ons nie moet doen nie, verloor ons uit die oog waarom ons dit nie moet doen nie, en eindelik doen ons dit in elk geval! In plaas daarvan om al ons energie aan te wend om oorwinning oor ons sonde te kry, moet ons eerder in die wingerdstok bly en Hom toelaat om die vrugte wat ons voortbring, te verander. Jesus belowe dat, as ons lewens deur die Gees van God beheers word, ons nooit sal swig voor begeertes van ons sondige natuur nie (Galasiërs 5:16).


As jy die vrugte van die Gees wil dra in jou lewe, moet jy vir Jesus eerste stel! As jy op jou eie gaan probeer om reg te lewe, loop jy die risiko dat jy die wonderlike verhouding met die Here wat Hy vir jou in gedagte het, gaan misloop. 'n Verhouding sonder die skaamte en frustrasie wat daarmee saamgaan om die ewige lewe te probeer bekom deur op die akker van jou sondige natuur te saai (Galasiërs 6:8).


Die Kruks van die saak: As die tak wil vrugte dra, moet dit aan die wingerdstok verbind bly. Onthou dat Jesus die bron is van alle liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.


Uitdaging: Lees 2 Petrus 1:3-11. Dank God, want: "Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien" (2 Petrus 1:3a).


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Transformed by Truth

Een van die Satan se beste strategieë is om mense te laat voel asof hulle heeltemal alleen is in hul twyfel, angs en versoekings. Hierdie leesplan werp lig op sommige van die areas waarmee jong vrouens in hul daaglikse C...

More

Ons wil graag Daily Truth Devotional bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://karajoyblog.wordpress.com/introduction/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid