Leesplan inligting

Herskep deur die WaarheidVoorbeeld

Transformed by Truth

DAG 5 VAN 12

Die Waarheid Omtrent Jou Tyd


Té dikwels vind ek dat ek aan die einde van die dag soos 'n mislukking voel, want na my mening het ek nie my tyd “goed genoeg” bestuur nie. Ek het dalk te min tyd gehad om daardie dag gimnasium toe te gaan, per ongeluk aan die slaap geraak terwyl ek gestudeer het, of ek het dalk my oggend stiltetyd saam met God gemis. In hierdie oomblikke moet ek myself daaraan herinner dat die lewe heeltemal te onvoorspelbaar is vir enigiemand om hul tyd perfek te kan bestuur. Wat die belangrikste is, is nie hoe goed jy jou tyd bestuur nie, dit is wat jy doen met die tyd wat aan jou gegee word. God het aan ons ons tyd hier op aarde as 'n geskenk gegee. As jy dit werklik tot sy eer wil gebruik, dan sal jy jou beheer daaroor moet prysgee.


In plaas daarvan om te fokus op hoe ek myself gefaal het deur die gimnasium oor te slaan, kan ek dus eerder trots wees op myself vir die sensitiewe gesprek wat ek daardie dag tydens middagete met my mentor gehad het. Wanneer jy jou tyd aan God oorgee, moet jy aanvaar dat dinge nie altyd volgens jou wense gaan verloop nie. Jy moet vertrou dat sy plan beter is as joune!


As jong vroue met besige programme, kan dit baie maklik wees om in die gewoonte te verval om deur die roetine van ons daaglikse lewe te gaan deur bloot take op ons taaklysies af te merk. God het nie bedoel dat ons so moet lewe nie. Hy begeer dat ons vir Hom ons tyd sal gee sodat Hy dit kan neem en gebruik om sy werk te voltooi. Hy wil hê ons moet doelgerig wees in alles wat ons doen! Wanneer jy probeer om al jou tyd vas te hou en dit op jou eie te bestuur, sal jy net vind dat jy oorweldig en verslae voel. Wanneer jy egter jou tyd aan die Here se wil oorgee, sal hy elke bietjie daarvan tot sy eer gebruik!


Wegneem Boodskap:


Leuen: Ek is 'n mislukking omdat ek sukkel om my tyd goed te bestuur.


Waarheid: My tyd op aarde is 'n geskenk, en God werk steeds in my en gebruik my selfs in die oomblikke wat nie volgens my plan verloop nie.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Transformed by Truth

Een van die Satan se beste strategieë is om mense te laat voel asof hulle heeltemal alleen is in hul twyfel, angs en versoekings. Hierdie leesplan werp lig op sommige van die areas waarmee jong vrouens in hul daaglikse C...

More

Ons wil graag Daily Truth Devotional bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://karajoyblog.wordpress.com/introduction/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid