Leesplan inligting

Herskep deur die WaarheidVoorbeeld

Transformed by Truth

DAG 8 VAN 12

Die Waarheid Omtrent Vreugde


Die wêreld sal jou vertel dat jou doel in die lewe is om iets te vind wat jou gelukkig maak en dit dan na te jaag. Geluk is die doel. Ongelukkig gaan so baie mense deur die lewe besig om wêreldse dinge na te jaag, net om later te besef dat niks ooit genoeg is om hulle op die langtermyn te bevredig nie. Die waarheid is, geluk is 'n tydelike gevoel. Dit maak nie saak hoe hard jy probeer nie, dit hou net eenvoudig nie vir altyd aan nie. Jy sal dae ervaar waarin die dinge wat jou vantevore gelukkig gemaak het, jou nie meer soos voorheen bevredig nie. Vreugde, aan die ander kant, is verskillend van geluk. Vreugde is nie net 'n gevoel nie, maar eerder 'n gemoedstoestand. Om vreugde te hê, beteken om tevrede te wees onder alle omstandighede. In 'n wêreld waarin dit blyk asof so baie dinge skeefloop, kan dit moeilik wees om vreugde te vind. Dit is waarom ons op Christus moet steun en vertrou dat Hy die begeertes van ons hart sal bevredig.


Een manier om vreugde te vind in ongelukkige omstandighede is om dinge te identifiseer waarvoor jy dankbaar kan wees. Dankbaarheid herlei ons harte van ons moeilikhede en laat ons onthou waar al ons seëninge vandaan kom. Een van my gunsteling liedjies is Draai Jou Oë Na Jesus, een van die reëls gaan verder om te sê: "... en die aardse dinge word nietig en klein opgeweeg teen sy heerlikheid en genade" (vrylik vertaal). Dit is waar dat, wanneer ons ons oë op ons voorsiener hou, die dinge waaraan ons 'n tekort het minder belangrik word omdat ons besef dat ons soveel het om voor dankbaar te wees.


Gebed: Bid en vra vir God om jou van vreugde te voorsien, selfs wanneer dinge nie na wense verloop nie. Dit is nie maklik om te doen nie, en jy mag dalk daarmee sukkel, maar mettertyd sal jou denkprosesse verander en sal dit al hoe makliker word om vreugde te kies.


Uitdaging: Lees die verhaal van Paulus en Silas in die tronk in Handelinge 16:25-34. Let daarop hoe die ander gevangenis na hulle geluister het terwyl hulle God geprys het. Dit wys vir ons hoe ons keuse van vreugde ander mense op 'n positiewe manier kan beïnvloed!


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Transformed by Truth

Een van die Satan se beste strategieë is om mense te laat voel asof hulle heeltemal alleen is in hul twyfel, angs en versoekings. Hierdie leesplan werp lig op sommige van die areas waarmee jong vrouens in hul daaglikse C...

More

Ons wil graag Daily Truth Devotional bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://karajoyblog.wordpress.com/introduction/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid