Leesplan inligting

Herskep deur die WaarheidVoorbeeld

Transformed by Truth

DAG 2 VAN 12

Die Waarheid Omtrent Liefde vir Jouself


Jong Christene kan soms hul eie grootste vyande wees deur hulself die heeltyd af te kraak oor hul mislukkings. Dikwels probeer ons om as perfeksioniste in 'n gevalle wêreld te leef deur alles haarfyn te beplan en tot in die uiterste uit te voer, net om op die ou end in elk geval tekort te skiet. Uiteindelik bereik ons 'n breekpunt wanneer ons besef dat, dit maak nie saak hóé hard ons probeer nie, ons nooit goed genoeg sal wees nie. Die vyand wil hê ons moet dink dat ons waarde gekoppel is aan ons sukses, wat eenvoudig nie die geval is nie. Dit is waar dat ons nooit op ons eie goed genoeg sal wees nie ..., maar ons weet dat ons as die beeld van God geskep is en dat sy krag tot werking kom wanneer ons swak is. Alhoewel ons foute ons dus swak laat voorkom in die oë van mense, sien God net 'n geleentheid om ons tot sy eer te gebruik. Hy is lief vir ons en wil ons gebruik ten spyte van ons tekortkominge!


As die God van die heelal, wat geen sonde ken nie, 'n sondaar soos jy onvoorwaardelik kan liefhê, hoekom kan jy dan nie dieselfde vir jouself doen nie? My hoop is dat jy jou begeerte sal laat vaar om perfek te wees en 'n houding van nederigheid en genade sal aanneem, en kies om jouself elke dag lief te hê ten spyte van jou onvolmaakthede. Ek het eerstehandse ervaring van die geweldige gewig wat van jou skouers af gelig sal word as jy kies om dit te doen. Om tyd in die Woord van God deur te bring, kan jou help om sy liefde vir jou beter te verstaan, wat outomaties 'n invloed sal hê op hoe jy jouself behandel. Wanneer jy jouself deur God se oë sien, hoef jy nie gedurig bekommerd te wees dat jy heeltyd perfek moet wees nie. Jy neem die fokus weg van jouself en kan dan al daardie geestelike energie begin kanaliseer om ander lief te hê! God begeer dat jy jouself moet liefhê net soos jy is en jouself ook genoeg moet respekteer om te wil streef om meer soos Jesus te wees.


Bid — Vra vir God om jou te help om jouself deur sy oë te sien sodat jy aan jouself net soveel genade en liefde kan betoon as wat Hy vir jou het.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Transformed by Truth

Een van die Satan se beste strategieë is om mense te laat voel asof hulle heeltemal alleen is in hul twyfel, angs en versoekings. Hierdie leesplan werp lig op sommige van die areas waarmee jong vrouens in hul daaglikse C...

More

Ons wil graag Daily Truth Devotional bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://karajoyblog.wordpress.com/introduction/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid