Leesplan inligting

’n Rede om fees te vierVoorbeeld

’n Rede om fees te vier

DAG 8 VAN 8

Neem Kersfees verder

Christus se koms het ons lewens vir altyd verander. Die dag toe Hy gebore is, het God tussen ons kom bly … het sy Gees ín ons kom woon. Juis omdat die Gees so onbeskryflik naby aan ons is, kan ons onder sy leiding en vrede leef. Deur die influistering van sy stem kan ons elke dag leiding ontvang, kan ons wéét wat sy wil is en dit in gehoorsaamheid volg. Ons kan die vreugde van die Kripkind as’t ware saam op ons lewensreis neem en heeljaar Kersfees vier. Juis daarom kan – en moet – ons poog om elke dag sterker in ons geloof te groei.

"Daar is niks wat vir jou eie verlossing gevaarliker, vir God meer onwaardig en vir jou eie geluk meer skadelik is nie, as om tevrede te wees om te bly waar jy is," skryf François Fénelon. Mag jy elke dag in die genade van jou Verlosser groei.

Here, help my om in en deur U te groei.

Hierdie oordenkings is geneem uit MOED VIR ELKE MÔRE deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

’n Rede om fees te vier

Neem vanjaar die besluit om rustig te raak en nie in die dolle gejaag van die Kerstyd vasgevang te raak nie. Besluit om die Jesus van die krip weer te ontmoet en toe te laat dat Hy – die groot God – sy hand om joune slui...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid