Leesplan inligting

’n Rede om fees te vierVoorbeeld

’n Rede om fees te vier

DAG 5 VAN 8

Jy kan solank feesvier

Ons Heiland het met een doel aarde toe gekom. Om ons – vir my en jou – sy kinders te maak. Daarom hou Kerstyd ’n ander stuk onthou ook in: dié van die jong Man aan die kruis wat sterf sodat ons vir altyd kan leef.

Die vraag is: Het jy al vir hierdie Man gesê: “Here, U is mý God!” Het jy al werklik met jou lewe voor die kruis gaan kniel en die verlossing wat Hy jou bied, sonder voorbehoud aanvaar?

Maak in hierdie Feestyd die Christus-kind, die Man aan die kruis, die Een wat langs sy Vader se troon sit, (weer) jou eie. Loof en dank Hom met oorgawe vir die feit dat jy eendag vir altyd saam met Hom kan feesvier.

Kniel by die kruis en vier nou reeds ’n vreugdefees; die vreugde van ’n vry mens.

Dankie, Jesus, dankie dat ek met vrede in my hart van die kruis af kan wegloop.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

’n Rede om fees te vier

Neem vanjaar die besluit om rustig te raak en nie in die dolle gejaag van die Kerstyd vasgevang te raak nie. Besluit om die Jesus van die krip weer te ontmoet en toe te laat dat Hy – die groot God – sy hand om joune slui...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid