Leesplan inligting

’n Rede om fees te vierVoorbeeld

’n Rede om fees te vier

DAG 1 VAN 8

Dis juis nóú die tyd om te kniel

Ons is gedáán! Die dae is kort, ons tyd min en daar is nog duisend-en-een dinge wat gedoen moet word. In die proses van rondhardloop sukkel ons om behoorlik tyd te maak vir gebed, Bybelstudie en bepeinsing. Die lewe is eenvoudig nou té besig.

As jy só voel, is dit tyd om dadelik halt te roep. Want as jy nie meer tyd het om by jou Vader te gaan sit nie omdat die lewe met jou weghardloop, is dit júis, meer as ooit, tyd om nóú by Hom te gaan kniel. Beplan jou dag, skuif afsprake en doen wat nodig is om gereeld voor jou Here te gaan kniel. Dis daar waar jy rus vir jou onstuimige siel gaan vind, krag vir nóg ’n dag gaan kry en moed vir elke stukkie verantwoordelikheid sal ontvang.

Moenie moed opgee nie. Verál nie die moed om by Hom stil te word nie.

Meester van my lewe, vergewe my my wegdwaal en bring my terug voor u troon. Daar waar ek wil kniel … wil blý.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

’n Rede om fees te vier

Neem vanjaar die besluit om rustig te raak en nie in die dolle gejaag van die Kerstyd vasgevang te raak nie. Besluit om die Jesus van die krip weer te ontmoet en toe te laat dat Hy – die groot God – sy hand om joune slui...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid