Leesplan inligting

’n Rede om fees te vierVoorbeeld

’n Rede om fees te vier

DAG 2 VAN 8

Hemelse Kersinkopies

Kersfees sluip nader, Kersinkopie-advertensies is die wêreld vol en Kersliedere in die inkopiesentrums word spesiaal gespeel om ons sentimentele kant aan te moedig om méér te koop. In die miernes van bedrywighede het jy dalk skaars kans om nog by jou geestelike roetine uit te kom. Dis waarom jou hart al hoe leër word terwyl die winkeltrollies al hoe voller word.

Miskien moet jy jou afvra hoeveel van die wêreldse inkopies regtig gedoen moet word en wat eerder gelos kan word sodat jy meer energie en tyd kan bestee aan dié dinge wat jou en ander se harte vol maak. Besluit om hierdie Kersfees ander se hart-kerskouse met iets ánders te vul. Iets soos ’n opregte dankie-sê-en-waarderingsbrief, ’n kaartjie met bemoedigende woorde of ’n God-het-jou-lief-omdat … -lysie. Of wat van die uitdeel van ’n paar Bybels? Só plaas jy ewigheidsgeskenke onder ander se Kersbome.

Besluit om vanjaar ander én jou eie hart met ewigheidsgeskenke te vul. Dit gaan heerlik wees vir almal.

Wys my, Here, watter permanente geskenke ek vanjaar kan uitdeel.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

’n Rede om fees te vier

Neem vanjaar die besluit om rustig te raak en nie in die dolle gejaag van die Kerstyd vasgevang te raak nie. Besluit om die Jesus van die krip weer te ontmoet en toe te laat dat Hy – die groot God – sy hand om joune slui...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid