Leesplan inligting

’n Rede om fees te vierVoorbeeld

’n Rede om fees te vier

DAG 4 VAN 8

Kniel by die krip

Het jy die moed om in hierdie Christusfees-maand werklik by die voerbak van Jesus te gaan kniel? Of is jy bang? Bang vir sy veroordeling, straf of vergelding? Dalk het jy bloot net nie die vrymoedigheid nie omdat jy oor baie dinge skuldig voel.

Kerstyd is ’n spesiale uitnodigingstyd wanneer die Seun van God ons almal opnuut weer nooi om by Hom te kom kniel, ongeag ons eie gebrokenheid, sonde en skuldlas. Dis die tyd wanneer Hy ons weer daaraan wil herinner dat Hy juis gekom het vir mense wat nie altyd alles reg doen nie, wat foute maak en wat vol sonde is. Dis ’n Feestyd omdat ons opnuut weer voor die Messias se voete kan neerval en kan juig omdat Hy ons Verlosser-God is.

Moet dus nie wegskram van die verwelkomende arms van die Heiland nie. Hy ontvang nie perfekte mense nie. Hy wag juis vir onvolmaaktes soos ek en jy.

Dierbare Heiland, dankie dat U my aanvaar en liefhet net soos ek is. Dankie vir genade op genade!

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

’n Rede om fees te vier

Neem vanjaar die besluit om rustig te raak en nie in die dolle gejaag van die Kerstyd vasgevang te raak nie. Besluit om die Jesus van die krip weer te ontmoet en toe te laat dat Hy – die groot God – sy hand om joune slui...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid