Leesplan inligting

’n Rede om fees te vierVoorbeeld

’n Rede om fees te vier

DAG 3 VAN 8

Erváár Betlehem

Jy het al honderd maal die Kersverhaal gehoor en oor en oor die mooiste Kersliedere gesing. Maar het jy al sélf Betlehem toe gegaan? Het jy werklik in jou gedagtewêreld al deur die stofstrate van destyds geloop, aan die staldeur geklop en sélf by Josef en Maria op die strooi gaan sit? Het jy dit al gewaag om naby aan die Baba in die voerbak te gaan en jou pinkie uitgesteek sodat sy handjie daarom kan vou? Het jy sy liefde vir jou al gevóél?

Besluit om vanjaar die Jesus van die krip weer te ontmoet. Laat toe dat Hy – die groot God – sy hand om joune sluit. Sien hoe sy liefdevolle oë na jou kyk en hoor die deernis in sy stem wanneer Hy sê: Ek het vir jóú na hierdie wêreld gekom sodat jý, liewe mens, nooit, maar nooit verlore sal gaan nie.

Gaan kniel vanjaar wérklik aan die voete van die Krip-kind.

Heiland-Heer, ek aanbid U, eer U en dank U vir u onuitspreeklike genade!

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

’n Rede om fees te vier

Neem vanjaar die besluit om rustig te raak en nie in die dolle gejaag van die Kerstyd vasgevang te raak nie. Besluit om die Jesus van die krip weer te ontmoet en toe te laat dat Hy – die groot God – sy hand om joune slui...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid