Leesplan inligting

Van Begin tot in Ewigheid: 'n Studie van die Grootse Vertelling van die SkrifVoorbeeld

From Beginning to Forever: A Study of the Grand Narrative of Scripture

DAG 6 VAN 9

Van die skepping van die wêreld af totdat Israel uit ballingskap teruggekeer het, het jy deur byna die helfte van die Bybel gevorder! Uitstekend!


Vandag gaan ons wegbreek uit hierdie verhaal. Die boeke Job, Psalms, Spreuke, Prediker en Hooglied, word almal as literatuur van wysheid beskou. Hierdie boeke word geskiedkundig beskou as beskrywings van gebeure wat terselfdertyd plaasgevind het as die gebeure wat ons gister bespreek het. Die monargie van Israel, die val van Jerusalem, die wegvoer in ballingskap en die Israeliete se terugkeer uit ballingskap, vorm die inspirasie vir die woorde wat ons gaan lees.


Lees nou Spreuke 1:1-7.


Die weg van wysheid wys ons dat die volk van God floreer wanneer hulle in 'n verhouding met hul Koning is. Hierdie verhouding is een van goedheid en prag wat vir ewig geniet sal word.


Die volgende stel boeke wat ons gaan dek, gaan voort met die tema van die lewe in die koninkryk, maar lê klem op die boodskappers wat God na Israel stuur om hulle aan hul verbond met Hom te herinner. Hierdie boodskappers word profete genoem.


Lees Amos 2:4-5,11.


As 'n gemeenskap, was Israel onderling verbonde, wat beteken dat een persoon se sonde die hele volk beïnvloed het (1). Om dus hierdie gemeenskaplike identiteit te beklemtoon en om 'n sterk afskrikmiddel teen sonde te verskaf, sou God die hele Israel baie keer oordeel, nie net die individuele persoon wat aan sonde skuldig was nie. God het egter ook sy geduld bewys deur die boodskap van 'n profeet en vir die Israeliete 'n lang tyd gegee om hulle te bekeer en weer as sy volk in gehoorsaamheid aan die verbond te lewe. Hy was egter ook getrou om sy beloftes van oordeel te handhaaf, wat Hy aan die Israeliete gemaak het, selfs so ver terug as tot by Moses. Hy het belowe dat hy die Israeliete in ballingskap sou stuur indien hulle nalaat om aan die verbond gehoorsaam te wees, en Hy het ook.


Lees volgende Jeremia 29:4-14.


God se belofte van verlossing vir Israel was gekoppel aan sy verbonde wat Hy met Abraham, Moses en Dawid gesluit het. Hy het belowe om hulle na die land Kanaän terug te bring, waar Hy oor hulle sal heers en hulle seën. Selfs toe die volk van Israel terug uit ballingskap gekom het, het hulle met dieselfde probleem van vroeër geworstel, naamlik sonde. Nadat die volk na hul tuisland teruggekeer het, was dit steeds vir hulle 'n stryd om aan die verbond getrou te bly. Die volk van Israel het 'n oplossing nodig gehad wat hulle in staat sou stel om vir ewig getrou te bly.


Lees Jeremia 32:37-41 en Esegiël 11:19-20.


God het geweet dat sy volk hulp nodig het, 'n permanente oplossing van die probleem wat hulle reeds sedert die tuin van Eden teister. Deur die profete Jeremia en Esegiël, het God nog een verbond met Israel gesluit. Hy het belowe om die volk te reinig en hulle van die siekte van sonde te genees.


Israel en alle ander volke sal in 'n herstelde verhouding met God in sy koninkryk lewe (Jesaja 56:4-8).



(1) 'n Uitstekende voorbeeld hiervan is die verhaal van Akan in Josia 6-7.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

From Beginning to Forever: A Study of the Grand Narrative of Scripture

Hierdie leesplan lei jou deur die verhaal van die Bybel en wys jou hoe al 66 boeke saamgestel, een verenigde vertelling vorm. Die ryk teologiese waarhede word van Genesis tot in Openbaring saamgeweef om in hierdie 9-dag ...

More

Baie dankie aan LifeWay Women wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.lifeway.com/forever

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid