Leesplan inligting

Van Begin tot in Ewigheid: 'n Studie van die Grootse Vertelling van die SkrifVoorbeeld

From Beginning to Forever: A Study of the Grand Narrative of Scripture

DAG 8 VAN 9

Met die krag van die Heilige Gees het Jesus 'n gemeenskap mense versamel om onder sy heerskappy en seën, sy koninkrykssending op aarde voort te sit.



Na Jesus se opstanding, maar voor sy hemelvaart, het Hy aan sy dissipels 'n koninkrykopdrag (die sendingopdrag) gegee om aan alle nasies die goeie nuus te verkondig dat die beloofde koning gekom het (Matteus 28:19-20). Deur Hom is die krag van die sonde oorwin en 'n weg gebaan tot versoening met God. Van Judea tot by die eindes van die wêreld sou Jesus se dissipels hul lewens daaraan wy om mense in die koninkryksgemeenskap in te nooi deur in die Koning te glo.


Lees nou Handelinge 2:1-21.


God se koninkrykssending sluit altyd al die volke in en met Pinkster, word dit bevestig! Vir Jesus se volgelinge, is die vervulling met die Heilige Gees, die begin van 'n nuwe bediening, wanneer die Koning weer onder sy volk sal wandel. Nie net saam met hulle nie, maar in hulle!



Die Bybelboeke wat op Handelinge volg, is in twee groepe verdeel, naamlik die briewe van Paulus en die algemene briewe van die apostels. Beide groepe verskaf aan gelowiges wysheid, bemoediging en teologiese waarhede wat ten doel het om hulle in ooreenstemming met die evangelie te hou. In sy briewe, leer Paulus die gelowiges oor die koningskap van Christus en herinner hy hulle wat dit sal verg om toegang tot Christus se koninkryksgemeenskap te verkry. Hy onderrig gelowiges ook daarin om te verstaan hoe om as burgers in die koninkryk op 'n sending vir die Koning te lewe. Die algemene briewe van die apostels lê klem op die lewe in die koninkryksgemeenskap, asook wat dit beteken om in die laaste dae in getrouheid aan die Koning te lewe.



Kom ons kyk na 'n gedeelte waarin Paulus ondersoek wat dit beteken om deel van die koninkryksgemeenskap te wees.


Lees 1 Korintiërs 12:12-31.



Die koninkryksgemeenskap is nie sommer net 'n sosiale klub nie; ons is 'n wêreldwye bymekaarkoms van gelowiges wat daarvoor leef om die sending van ons Koning te vervul! Ons is die tempel van God. Hy woon deur die Heilige Gees in ons en in hierdie wêreld. Ons is die liggaam van Christus en ons elkeen het gawes by die Heilige Gees gekry tot voordeel van almal. Een van die grootste struikelblokke vir ons getrouheid as 'n groep gelowiges, is 'n gebrek aan eensgesindheid en onvolwassenheid. Paulus het dit geweet en daarom het hy in sy briewe gelowiges aangemoedig om geestelike vrugbaarheid na te streef. Hy het geweet daarsonder sou die sending van die Koning nie vervul word nie.


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

From Beginning to Forever: A Study of the Grand Narrative of Scripture

Hierdie leesplan lei jou deur die verhaal van die Bybel en wys jou hoe al 66 boeke saamgestel, een verenigde vertelling vorm. Die ryk teologiese waarhede word van Genesis tot in Openbaring saamgeweef om in hierdie 9-dag ...

More

Baie dankie aan LifeWay Women wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.lifeway.com/forever

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid