SPREUKE 1:1-7

SPREUKE 1:1-7 AFR83

Spreuke van Salomo seun van Dawid, koning van Israel. Dié spreuke is bedoel om mense wysheid te leer en hulle te onderrig sodat hulle sal weet wanneer iemand verstandig praat. So sal hulle 'n behoorlike opvoeding ontvang en 'n sin vir regverdigheid, reg en billikheid. Wie nog nie kennis het nie, sal verstandig word, jongmense sal leer om met kennis en oorleg op te tree. Selfs wyse mense kan na die spreuke luister en so tot dieper insig kom. Wie reeds die nodige kennis het, kan die kuns aanleer om spreuke en sinspelings, woorde en raaisels van wyse mense te begryp. Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid