Leesplan inligting

Van Begin tot in Ewigheid: 'n Studie van die Grootse Vertelling van die SkrifVoorbeeld

From Beginning to Forever: A Study of the Grand Narrative of Scripture

DAG 1 VAN 9

In die eerste paar bladsye, voorsien die Bybel ons van antwoorde op ons vrae oor identiteit, gemeenskap en doel. Deur die woorde van Moses, het God vir Israel en vir ons, gewys dat ons op ons beste kan lewe wanneer ons in gemeenskap met Hom en sy mense, onder sy heerskappy en seën lewe.* Deur ons te wys wie Hy is, kan ons begin verstaan wie ons geroepe is om te wees en waarvoor Hy ons roep om in sy wêreld te doen.



Vir ons om ten volle te verstaan wie ons is, moet ons eers verstaan wie God is, spesifiek wat Hy in die Skrif oor Homself openbaar het.


Lees Genesis 1:1.



God se eerste beskrywing van Homself, wys dat Hy alleen God is. Geen ander wese, dier of iets uit die natuur kan meeding met sy gesag nie; Hy alleen is oppermagtig.



God het nie net geskep deur 'n paar woorde te praat nie, sy woord self is uit niks geskep! Alleen God het die mag om dit te doen, en daarom is die eerste sin in die Bybel, dat Hy Homself gevestig het as die Een wat volle beheer en gesag oor die hele skepping het. Aangesien Hy die wêreld geskep het, is dit net Hy alleen wat bepaal hoe sy skepping lewe.



Noudat ons weet wat die skeppingsverhaal ons van God vertel, kom ons kyk wat dit ons oor ons Goddelike identiteit en doel vertel.


Lees Genesis 1:26-28.



Ons is ontwerp om die goeie en ware eienskappe van God aan die wêreld te weerspieël. Deur dus met ons in aanraking te kom of deur ons interaksie met mekaar te sien, behoort mense te weet hoe God is.



Bo en behalwe ons Goddelike ontwerp as beelddraers, wys die skeppingsverhaal ook aan ons ons eie Goddelike doel.



As ons koning, gee God ons die verantwoordelikheid as rentmeesters van sy skepping deur dit te help floreer. Ons het die koninklike rol as vise-bewindhebbers (iemand wat namens die heerser, goewerneur of regeerder optree), deur God se bewind oor die skepping te verteenwoordig en namens Hom te heers.



Ons kry dus antwoorde oor ons identiteit, doel en aan wie ons behoort in die openingsbladsye van die Skrif. Ons dien 'n oppermagtige God wat alleen alle gesag as koning besit. Hy het ons as sy beelddraers geskep en aan ons die verantwoordelikheid gegee om die wêreld wat Hy geskep het te ontwikkel; ons leef op ons beste wanneer ons in gemeenskap met God leef. Ons sal egter môre sien wanneer ons die antwoorde op ons vrae buite God soek, kan dinge vinnig 'n slegte wending neem.



* Graeme Goldsworthy The Goldsworthy Triology (Milton Keynes, England: Paternoster, 2000), 54; Vaughan Roberts, God's Big Picture (Downers Grove, IL: InterVarsity Press, 2000), 22.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

From Beginning to Forever: A Study of the Grand Narrative of Scripture

Hierdie leesplan lei jou deur die verhaal van die Bybel en wys jou hoe al 66 boeke saamgestel, een verenigde vertelling vorm. Die ryk teologiese waarhede word van Genesis tot in Openbaring saamgeweef om in hierdie 9-dag ...

More

Baie dankie aan LifeWay Women wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.lifeway.com/forever

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid