Leesplan inligting

Van Begin tot in Ewigheid: 'n Studie van die Grootse Vertelling van die SkrifVoorbeeld

From Beginning to Forever: A Study of the Grand Narrative of Scripture

DAG 3 VAN 9

Die verhale van Abraham, Isak, Jakob en Josef leer ons hoe God deur doodgewone mense werk om sy planne te verwesenlik. Hy kies nie mense omdat hulle aan een of ander standaard van sedelikheid of uitnemendheid voldoen nie, maar eerder in sy oppermag, kies God wie Hy wil. Ons sal sien dat dieselfde waar is met Moses. God het hom gevra om 'n belangrike leierskapsrol te betree wat moed en deursettingsvermoë vereis het. Moses het egter nie een van hierdie eienskappe gehad nie. Hy was 'n man wat weggekruip het, bang om in sy Goddelike sending te tree.


Na vierhonderd jaar het God die Israeliete se geroep beantwoord en vir Moses gestuur om hulle uit slawerny te verlos. God het Israel 'n lewe van seën en vrugbaarheid in die land Kanaän belowe.


Na die verpletterende tiende plaag, het die farao vir Moses en die volk gesê om dadelik te trek (Eksodus 12:31-32). Hulle het so gemaak. Later was die farao spyt oor sy besluit. Hy het sy troepe bymekaargemaak en die Israeliete agternagesit en hulle aan die kus van die Rooisee ingehaal.


Lees Eksodus 14:10-14.


Nadat Moses die Israeliete herinner het dat hul verlossing deur die krag van God gewaarborg is, het Moses sy staf opgelig, en God het die Rooisee geskei (Eksodus 14:21). Toe kon Moses vir Israel op droë grond daardeur lei.


Die volk Israel was nou vry en het die pad gevat na die beloofde land. Op pad soontoe het hulle gestop om God by die berg Sinai te ontmoet. Daar het God nog 'n verbond deur Moses met Israel gesluit. In hierdie verbond het God opdrag gegee hoe hulle as sy mense moes lewe — om Hom lief te hê en mekaar lief te hê.


Lees Eksodus 20:1-17.


Deur die wet te onderhou, sou Israel die verbond kon eerbiedig wat met God gesluit is. Hierdie verbond het die bepalings van die Israeliete se verhouding met God vasgestel en hulle gehelp om hul Goddelike ontwerp as beelddraers in God se koninkryksgemeenskap uit te leef.


Die boek Numeri beskryf Israel se reis deur die woestyn na die beloofde land. Vir veertig jaar het Moses die Israeliete deur hulle tydperke van gehoorsaamheid en ongehoorsaamheid aan God gelei. Deur God se genade het hulle uiteindelik tot by die oewer van die Jordaanrivier gekom, 'n watermassa met die beloofde land Kanaän, aan die oorkant.


Moses het Deuteronomium beëindig deur te vertel van al die seëninge wat Israel sou ervaar as hulle aan God gehoorsaam was; en al die swaar gevolge wat hulle weens hul ongehoorsaam sou ervaar het. Baie van die beloftes wat God aan Abraham gemaak het, was op die punt om in vervulling te gaan.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

From Beginning to Forever: A Study of the Grand Narrative of Scripture

Hierdie leesplan lei jou deur die verhaal van die Bybel en wys jou hoe al 66 boeke saamgestel, een verenigde vertelling vorm. Die ryk teologiese waarhede word van Genesis tot in Openbaring saamgeweef om in hierdie 9-dag ...

More

Baie dankie aan LifeWay Women wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.lifeway.com/forever

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid