Leesplan inligting

Van Begin tot in Ewigheid: 'n Studie van die Grootse Vertelling van die SkrifVoorbeeld

From Beginning to Forever: A Study of the Grand Narrative of Scripture

DAG 5 VAN 9

Lees 1 Samuel 8:4-9.


In die eerste paar hoofstukke van 1 Samuel lees ons van die geboorte en bediening van Samuel, Israel se laaste rigter. Nadat hy Israel vir baie, baie jare getrou gelei het, het Samuel sy seuns aangestel om sy plek in te neem. Sy seuns was egter sondig en ongehoorsaam (1 Samuel 8:3). Die oudstes van Israel het toe na Samuel gekom en gevra dat hy liewer 'n koning moet aanstel om oor hulle te regeer.


God het in sy genade vir die Israeliete gegee wat hulle wou hê en Saul is as koning gesalf. Eerder as om seën vir Israel te bring, het Saul gou gewys dat hy 'n koning was wat sy eie kop gevolg het, eerder as om na God te luister.


Nadat Saul se koningskap van hom ontneem is, wend die verhaal vinnig na Dawid — Saul se plaasvervanger. Terwyl Saul van vrees ineengekrimp het, het Dawid die Naam van God en die volk Israel met vrymoedigheid verdedig (1 Samuel 17).


In 'n verbond met Dawid, het God gebou op die verbonde wat Hy met beide Abraham en Moses gesluit het. Hy het die beloftes wat Hy reeds gemaak het, herbevestig en toe belowe dat Dawid se koninkryk, of heerskappy, vir ewig sou bestaan. Uit die land wat God vir Israel gegee het, sou 'n leier uit die geslag van Dawid gebore word deur Wie seën vir die hele wêreld sou vloei. Die beloofde Koning sou iemand veel groter as Dawid wees en Israel volkome tot eer van God regeer. Mettertyd sal ons sien dat die groot Dawid se veel groter Seun, die Here Jesus Christus is (Lukas 11:31)! (1)


Nadat sy vader Dawid, gesterf het en die koninkryk in sy hande gevestig is (1 Konings 2:46), het Salomo sy regering begin deur duisend brandoffers op die altaar by Gibeon te bring.


Nadat Salomo gesterf het, het sy seun Rehabeam die troon bestyg. Die tien noordelike- en oostelike stamme van Israel het teen hom in opstand gekom ​​en hulle eie koninkryk onder Jerobeam gevestig. (2) Die koninkryk wat vir 120 jaar as 'n eenheid onder leiding van Saul, Dawid en Salomo bestaan het, het vinnig agteruit gegaan weens verdeeldheid en afgodery.


God was nogtans geduldig met Israel en het profete gestuur om die mense te herinner aan die verbond wat hulle met Hom gesluit het. God het lank deur hierdie manne gewerk om Israel terug te bring na 'n plek van gehoorsaamheid. Na ongeveer tweehonderd jaar van ongehoorsaamheid en afgodery, het God die verbond geëer wat Hy met Israel gesluit het. Hierdie keer het Hy dus vir hulle oordeel gebring, nie 'n seën nie.


Lees 2 Konings 17:6-7 en 2 Konings 24:10-17.


Beide die noordelike- en suidelike koninkryke is in ballingskap weggevoer, onderskeidelik in 722 v.C. en 586 v.C. Israel het van 'n florerende koninkryk onder die leiding van Salomo gegaan om as ballinge in Babilon en Assirië te lewe.


In 538 v.C. het Israel uit ballingskap teruggekeer en die tempel en die mure van Jerusalem onder leiding van Esra en Nehemia heeltemal herbou. Ongelukkig, selfs met die herstel van hul stad se infrastruktuur, het hulle gou weer in hul sondige patrone teruggeval en Israel het dus die beloofde Messias bitter nodig gehad.


(1) Vaughan Roberts, God se groot prentjie (Downers Grove, IL: InterVarsity Press, 2002), 84.


(2) Ibid., 86.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

From Beginning to Forever: A Study of the Grand Narrative of Scripture

Hierdie leesplan lei jou deur die verhaal van die Bybel en wys jou hoe al 66 boeke saamgestel, een verenigde vertelling vorm. Die ryk teologiese waarhede word van Genesis tot in Openbaring saamgeweef om in hierdie 9-dag ...

More

Baie dankie aan LifeWay Women wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.lifeway.com/forever

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid