Leesplan inligting

En Hulle Sal Een Wees …Voorbeeld

En Hulle Sal Een Wees …

DAG 7 VAN 7

BOU ’N STERK FONDAMENT

’n Sterk fondament is die sleutel tot ’n gesonde huwelik. Jesus het die verhaal vertel van ’n wyse man wat sy huis op rots gebou het. Toe die storms en vloede kom, het die huis vasgestaan. In teenstelling daarmee, kry ons die dwase persoon wat sy huis sonder ’n sterk fondament gebou het. Dit is tydens die eerste storm vernietig. Die fondament in ons verhouding met God is geloof, vertroue en gehoorsaamheid. In die huwelik behoort eenheid ons fondament te wees.

In God se plan is die huwelik ontwerp dat twee mense, man en vrou, een word. Hulle kies om die lewe op ’n dieper vlak met mekaar te deel as met enigiemand anders. Hierdie intimiteit behels alle aspekte van die lewe. Die ideaal is dat ons, voordat ons trou, weet wat hierdie fondament van eenheid is. Is ons intellektueel op dieselfde plek? Kan ons met mekaar praat en mekaar verstaan? Is ons op ’n emosionele vlak in staat om ons emosies te deel sonder die vrees van verwerping? Geniet ons dieselfde sosiale aktiwiteite? Is ons geestelik op dieselfde plek?

Nadat ons trou, bou ons verder op hierdie fondament. As die fondament swak is, sal dit al hoe moeiliker wees om intimiteit daarop te bou. Maar bou moet ons bou, dit is waaroor die huwelik gaan. As ons kies om los van mekaar te lewe en aparte lewens te lei, volg ons nie God se plan vir die huwelik nie. Om intimiteit te bou, is dalk moeilik, maar ons kan weet dat God ons sal help wanneer ons daaraan toegewy is om sy plan te volg.

Vader, ek wil hê ons huwelik moet ’n sterk fondament van eenheid hê. Help ons asseblief om daaraan te bou terwyl ons poog om intimiteit in al die areas van ons huwelik te bou. Gee dat ons huwelik die lewenstorms kan weerstaan. Lei ons, asseblief.

Hierdie oordenkings is saamgestel uit 5 TALE VAN DIE LIEFDE – OORDENKINGS VIR PAARTJIES deur Gary Chapman © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

En Hulle Sal Een Wees …

In God se plan is die huwelik ontwerp dat twee mense, man en vrou, een word. Hulle kies om die lewe op ’n dieper vlak met mekaar te deel as met enigiemand anders. Hierdie intimiteit behels alle aspekte van die lewe. In h...

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid