Leesplan inligting

En Hulle Sal Een Wees …Voorbeeld

En Hulle Sal Een Wees …

DAG 1 VAN 7

DEEL DIE DOELWIT

Wat is julle gesamentlike doel as ’n paartjie? Dalk is dit ’n huishouding wat vlot verloop, ’n gelukkige, tevrede verhouding of ’n gevoel van regverdigheid. Daar was onlangs ’n vrou in my kantoor wat gekla het dat haar man haar nie in die huis help nie. “Ons albei werk voltyds,” het sy gesê, “maar hy verwag van my om alles in die huis te doen terwyl hy TV kyk en ontspan. Ek het ook tyd nodig om te ontspan.” Hierdie paartjie het duidelik nie dieselfde doel gedeel nie.

Die lede van ’n sportspan doen nie almal dieselfde ding nie, maar hulle almal het dieselfde doel voor oë. Dit was ook die geval toe Nehemia die Israeliete gelei het om die mure rondom Jerusalem te herstel. Sommige mense het die hekke herbou, ander het materiaal aangedra en ander het waggestaan om toe te sien dat niemand hulle werk saboteer nie. Die individue het verskillende take gehad, maar hulle was verenig in hulle gemeenskaplike doelwit: Om Jerusalem weer ’n veilige plek te maak.

As ons harmonie en intimiteit in ons verhouding wil hê, moet ons elkeen ons deel van die werk doen. ’n Huweliksmaat wat voel dat hy of sy al die werk doen, gaan waarskynlik nie in enige intimiteit belangstel nie. Vra gerus vir jou huweliksmaat: “Dink jy ons maak ’n goeie span hier by die huis?” Laat die antwoord bepaal wat jy volgende gaan doen.

Vader, dankie vir die wonderlike voorbeeld van spanwerk waarvan ons in Nehemia lees. Ek wil ook ons einddoel in gedagte hou wanneer ek en my huweliksmaat takies in die huis verdeel. Help my om gewillig te wees om my deel met liefde te doen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

En Hulle Sal Een Wees …

In God se plan is die huwelik ontwerp dat twee mense, man en vrou, een word. Hulle kies om die lewe op ’n dieper vlak met mekaar te deel as met enigiemand anders. Hierdie intimiteit behels alle aspekte van die lewe. In h...

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid