Leesplan inligting

En Hulle Sal Een Wees …Voorbeeld

En Hulle Sal Een Wees …

DAG 2 VAN 7

INTELLEKTUELE INTIMITEIT

Die meeste van ons het nie getrou bloot omdat ons iemand gesoek het wat vir ons kan kook, die kar kan onderhou en kan help kinders grootmaak nie. Nee, ons het getrou vanuit ’n diep behoefte om iemand te ken en geken te word, om iemand lief te hê wat ook vir ons lief is. Ons smag na ’n werklik intieme verhouding. Hoe kan hierdie hoë ideaal die werklikheid word? Dit help om na die vyf belangrikste onderdele van ’n intieme verhouding te kyk. Ons sal dit oor die volgende paar dae doen.

Die eerste is intellektuele intimiteit. So baie dinge van die lewe gebeur in ons verstand. Deur die loop van die dag ervaar ons honderde gedagtes oor die lewe. Ons het almal sekere behoeftes, dinge wat ons graag wil ervaar of hê. Wanneer ons hierdie dinge met ons huweliksmaat deel, is die gevolg intellektuele intimiteit. Dit kan dalk fokus op ons finansies, kos, gesondheid, nuusgebeure, musiek of die kerk. Of dit nou belangrike kwessies is of nie, hierdie gedagtes openbaar iets van wat deur die loop van die dag in ons gedagtes aangegaan het.

Psalm 27:8 beskryf ’n manier waarop ons ons intimiteit met God kan verhoog – deur te reageer op sy uitnodiging om met Hom te praat. Dieselfde beginsel geld natuurlik in menslike verhoudings. In die huwelik het ons die vreugde om ons huweliksmaat se mees intieme gedagtes te leer ken. Dít is die kern van intellektuele intimiteit.

Vader, dankie dat U met my wil praat en ook van my wil hoor. Ek weet kommunikasie bou verhoudinge. Help my asseblief om my gedagtes vryelik met my geliefde te deel. Help my ook om te luister as hy of sy gedagtes met my deel.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

En Hulle Sal Een Wees …

In God se plan is die huwelik ontwerp dat twee mense, man en vrou, een word. Hulle kies om die lewe op ’n dieper vlak met mekaar te deel as met enigiemand anders. Hierdie intimiteit behels alle aspekte van die lewe. In h...

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid