Leesplan inligting

En Hulle Sal Een Wees …Voorbeeld

En Hulle Sal Een Wees …

DAG 3 VAN 7

EMOSIONELE INTIMITEIT

Emosionele intimiteit is een van die vyf onderdele van ’n intieme verhouding. Gevoelens is ons spontane, emosionele reaksies op dit wat ons deur ons vyf sintuie ervaar. Ek hoor die bure se hond is dood; daarom voel ek hartseer. Ek sien ’n brandweerwa in die straat af jaag; daarom voel ek effens gekwel. My vrou raak aan my hand; daarom voel ek geliefd. Ek sien haar glimlag; daarom voel ek bemoedig.

Jou innerlike is vol emosies, maar niemand kan dit sien nie. Om jou gevoelens te deel, help om emosionele intimiteit te bou. Om jou huweliksmaat in jou innerlike lewe toe te laat, beteken jy is bereid om te sê: “Ek voel op die oomblik baie bang,” of: “Ek is vanaand werklik gelukkig.” Dit is self-openbarende stellings. Psalm 38:7 is een van verskeie voorbeelde waar die psalmskrywer sy hart voor God uitstort. Koning Dawid en die ander skrywers van die Psalms was eerlik oor hulle emosies van hartseer, depressie, woede en droefheid, maar ook oor hulle emosies van vreugde, aanbidding en feesviering. En daardie soort eerlike self-openbaring laat hulle intimiteit met God toeneem.

Om te leer om jou emosies te deel, kan een van die mees vervullende ervarings in die lewe wees. Om op hierdie vlak te deel, vereis ’n atmosfeer van aanvaarding. As ek seker is my huweliksmaat sal nie my gevoelens afmaak of probeer verander nie, is ek baie meer bereid om daaroor te praat.

Here, dankie dat U wil weet hoe ons voel. Ek weet om gevoelens as ’n paartjie met mekaar te deel, help ons om nader aan mekaar te groei. Ek bid dat U ons sal help om ’n liefdevolle atmosfeer van aanvaarding te skep waar ons vry kan voel om dinge te deel.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

En Hulle Sal Een Wees …

In God se plan is die huwelik ontwerp dat twee mense, man en vrou, een word. Hulle kies om die lewe op ’n dieper vlak met mekaar te deel as met enigiemand anders. Hierdie intimiteit behels alle aspekte van die lewe. In h...

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid