Leesplan inligting

En Hulle Sal Een Wees …Voorbeeld

En Hulle Sal Een Wees …

DAG 4 VAN 7

SOSIALE INTIMITEIT

’n Groot deel van die lewe draai om die dinge wat deur die loop van die dag gebeur – dinge wat mense sê of doen of hoe sekere situasies ontvou. Wanneer ’n man en ’n vrou hierdie dinge met mekaar deel, voel hulle deel van dit wat die ander persoon ervaar. Ons ontwikkel ’n sosiale intimiteit en ’n gevoel van ’n sosiale eenheid. Wat in my vrou se lewe gebeur, is dus belangrik vir my.

’n Ander aspek van sosiale intimiteit behels die saamdoen van dinge. Om saam ’n fliek te gaan kyk of ’n sportwedstryd by te woon, inkopies te doen, die kar of wasgoed saam te was, of om te gaan piekniek hou, is alles maniere om sosiale intimiteit te vestig. Baie van die lewe gaan daaroor om dinge te doen. Wanneer ons dinge saam doen, ontwikkel ons nie net ’n gevoel van spanwerk nie, ons verbeter ook ons verhouding. In vandag se vers lees ons hoe die profeet Jesaja skryf oor die begeerte om tyd saam met God deur te bring. Daardie selfde gevoel van dringendheid om in mekaar se geselskap te wees – wat dikwels versterk word deur vorige ervarings – is baie voordelig vir ons huwelik.

Ons beste herinneringe bestaan dikwels uit die dinge wat ons doen. Sal ons ooit daardie bergklimervaring vergeet? Of daardie haarsny wat ons vir die hond gegee het? Sosiale intimiteit is ’n belangrike deel van ’n groeiende huwelik.

Here, ek is so dankbaar vir die herinneringe wat ons as ’n paartjie geskep het. Dankie vir pret en plesier en tye wat ons kan saamwees en lekker dinge saam kan doen. Help ons asseblief om sosiale intimiteit te koester namate ons in ons verhouding groei.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

En Hulle Sal Een Wees …

In God se plan is die huwelik ontwerp dat twee mense, man en vrou, een word. Hulle kies om die lewe op ’n dieper vlak met mekaar te deel as met enigiemand anders. Hierdie intimiteit behels alle aspekte van die lewe. In h...

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid