Leesplan inligting

En Hulle Sal Een Wees …Voorbeeld

En Hulle Sal Een Wees …

DAG 6 VAN 7

SEKSUELE INTIMITEIT

Omdat mans en vroue op seksuele vlak verskil, behels seksuele intimiteit dikwels vir ons verskillende dinge. Die man se fokus is baie dikwels op die fisieke deel. Sien, aanraak, voel, die aspek van voorspel en die klimaks is vir hom belangrik. Die vrou, aan die ander kant, ervaar seksuele intimiteit wanneer daar aan haar emosionele behoeftes voldoen word. Wanneer sy geliefd, veilig en gewaardeerd voel, is die seksuele ervaring ’n verlengstuk van hierdie emosionele bevrediging.

Om seksuele intimiteit te ervaar, moet geliefdes hierdie verskille in mekaar verstaan. In 1 Korintiërs 7 skryf die apostel Paulus duidelik dat huweliksmaats in mekaar se seksuele behoeftes moet voorsien. Seksuele intimiteit vereis dus selfloosheid. Elke huweliksmaat moet eers fokus op hoe hy of sy vreugde kan verskaf vir hul geliefde voordat ’n seksuele verhouding hulle nader aan mekaar sal bring.

Dit behoort logies te wees dat ons nie seksuele intimiteit kan skei van emosionele, intellektuele, sosiale en spirituele intimiteit nie. Sonder nabyheid in hierdie areas van ons lewe kan ons nie seksuele intimiteit ervaar nie. Die doel is nie bloot om seks te hê nie, maar om naby aan mekaar te voel en ’n gevoel van wedersydse bevrediging te ervaar.

Dierbare Vader, vergewe my vir die kere wat ek seksuele intimiteit bloot as die bevrediging van ’n behoefte gesien het. Help ons as ’n paartjie om te fokus op die intieme, emosionele konneksie wat volg wanneer ons in ons seksuele verhouding aan mekaar dink.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

En Hulle Sal Een Wees …

In God se plan is die huwelik ontwerp dat twee mense, man en vrou, een word. Hulle kies om die lewe op ’n dieper vlak met mekaar te deel as met enigiemand anders. Hierdie intimiteit behels alle aspekte van die lewe. In h...

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid