Leesplan inligting

Besluiteloos?Voorbeeld

Undecided?

DAG 7 VAN 7

Verborge Skat

Jy het die laaste gedeelte bereik. Nou wil ek die verborge skat aan jou bied. Dis begrawe in die gewoel van jou besige lewe. Dit word weggesteek agter die heen-en-weer gejaag van 'n besige wêreld, maar as jy dit vir die eerste keer sien, sal jy besef dat die waarde onbetwisbaar is.


Elke mens is vol sonde en korrupsie. Selfs mense wat geleer het om selfdissipline toe te pas en selfopofferend te lewe, kan nie loskom van die slawerny van sonde nie. Van geboorte af is dit deel van ons geestelike DNS. God het egter 'n storie net vir jou voorberei.


Dalk is daar 'n kort hoofstuk in jou storie waar jy 'n paar dae deurbring om 'n Bybeloordenking op jou foon te lees en God se liefde vir die eerste keer teëkom. Dit maak nie saak of jou storie die eerste konsep of die vyftigste een is nie, God gee nie moed op nie.


God se Seun, Jesus, was so vasbeslote om jou van die slawerny van sonde te bevry, dat Hy self sonde geword en ter dood veroordeel is, om die straf vir jou te betaal. Jy moet egter die storie van hier af verder neem. Dit is jou keuse of jou storie gepubliseer of weggegooi word. Bereken die koste en die waarde van die transaksie. Bid hierdie gebed tot God as jy vandag bereid is om die volgende stap te neem.


Gebed

Vader God, ek besef nou hoe U my my hele lewe lank agtervolg het. Ek kan nou duidelik sien hoe lief U my het, en ek is gereed om alles te gee om U te volg. Vergewe my sonde. Maak my 'n nuwe mens. Wees U my Verlosser. Amen.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Undecided?

Het jy nog nie besluit oor God nie? Is jy onseker oor wat jy glo? Gebruik die volgende sewe dae om die Bybel te verken en sien wat God oor sy ware aard aan jou openbaar. Dit is jou geleentheid om die storie vir jouself t...

More

Baie dankie aan YouVersion wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.youversion.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid