Leesplan inligting

Besluiteloos?Voorbeeld

Undecided?

DAG 6 VAN 7

Iets Beter

In Matteus 13 vertel Jesus 'n gelykenis van 'n man wat 'n stukkie grond vind wat hy eenvoudig net móét koop. Op een of ander manier ontdek hy dié stukkie grond, waarop 'n waardevolle skat begrawe is. Toe hy die waarde besef, bêre hy weer die skat, gaan huis toe, verkoop alles wat hy besit en gaan terug om die stuk grond te koop. Die skat was meer werd as alles wat die man besit het, dus was hy bereid om alles te gee om dit te kon besit.


Hierna vertel Jesus 'n ander storie van 'n handelaar wat pêrels gekoop en verkoop het. Eendag het hy op 'n pêrel afgekom wat so perfek was dat hy dit net in die hande moes kry. Hy verkoop toe alles om die pêrel te koop.


Hierdie twee gelykenisse was net stories wat Jesus vertel het om sy leringe te verduidelik. Daar was egter 'n jong man wat eenkeer na Jesus toe gekom en gevra het: "Meneer, watter goeie daad moet ek doen om die ewige lewe te verkry?" (Matteus 19:16). Hy was nie voorbereid op Jesus se antwoord nie.

"As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou besittings en gee die geld vir die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My" (Matteus 19:21).

Die man was hartseer en het weggeloop, want hy was baie ryk. Om alles op te gee wat jy besit, is pynlik. Jesus verwag nie van ons om ons aardse besittings op te gee as ons sy dissipels wil word nie, maar Hy vra ons om die koste te bereken.

As jy besluit om 'n volgeling van Christus te word, sal jou lewe verander. Jy sal sommige goed, mense, gewoontes en tyd moet opgee. Die mense wat daardie sprong maak, is soos die manne in Jesus se gelykenis − hulle sien die waarde in die transaksie raak en is gewillig om alles te gee om dit in die hande te kry.

Jim Elliot was 'n beroemde sendeling in Ecuador in die vyftigerjare. Hy het gesê: "Die persoon wat alles gee wat hy nie kan behou nie om dít te verkry wat hy nie kan verloor nie, is nie 'n dwaas nie." God is bereid om jou as sy kind aan te neem, al jou sonde te vergewe en jou toe te laat om vir ewig in die paradys te woon. Dit maak nie saak wat jy moet opgee nie − dit is 'n goeie ruiltransaksie.

Gebed:

Vader God, ek besef dat ek sommige tydelike plesiertjies moet opgee as ek U wil volg. Help my om te begryp hoeveel ek sal wen as ek U met my lewe vertrou.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Undecided?

Het jy nog nie besluit oor God nie? Is jy onseker oor wat jy glo? Gebruik die volgende sewe dae om die Bybel te verken en sien wat God oor sy ware aard aan jou openbaar. Dit is jou geleentheid om die storie vir jouself t...

More

Baie dankie aan YouVersion wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.youversion.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid