Leesplan inligting

Besluiteloos?Voorbeeld

Undecided?

DAG 4 VAN 7

Noukeurige Misleiding

Die vyand van ons siel het 'n noukeurige plan uitgewerk om ons huidige slawerny na weelde en ons vryheid soos 'n offer te laat voel. Dit is moeilik om iemand wat 'n slaaf is, vry te maak as hy nie besef dat hy 'n slaaf is nie. Eers moet die sluier wat oor hulle realiteit hang, verwyder word, sodat hulle die waarheid kan sien.


Christene het deesdae dieselfde uitdaging. Ons leef in 'n samelewing waar ons geloof outyds en leeg voel. Die wêreld verblind ons, sodat ons nie kan sien hoe min tyd ons oor het nie. Ons bou weelderige kastele op die dek van 'n sinkende skip, terwyl ons terugstaan en ons prestasies bewonder, wat binnekort onder die yskoue deinings van tyd gaan verdwyn.


Jy voel dalk nie soos 'n slaaf nie. Dit is dalk moeilik vir jou om die Bybel te ontsyfer en godsdiens is vir jou 'n bitter pil om te sluk. Iets binne-in jou laat jou egter hier lees. Jy het dalk nog nooit in 'n kerk tuis gevoel nie, maar jy besef daar is iewers 'n krag groter as jyself wat alles in stand hou.>

Doef.


Doef. Doef.


Jou hart klop in jou borskas. Jy voel dit, maar jy sien dit nie. Jy is nou in dieselfde situasie met God. Jy voel iets, maar jy kan dit nie verduidelik nie.


Toe Jesus in sy tuisdorp se sinagoge kom, het hulle vir Hom 'n boekrol van Jesaja se profesieë gegee. Hy het 'n gedeelte gelees van gevangenes wat vrygelaat word en gebroke harte wat genees word. Toe Hy klaar gelees het sê Hy: "Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul" (Lukas 4:21). Eintlik het Hy vir die mense kom vertel dat Hy gekom het om mense vry te maak.


Sy opdrag het tot vandag toe nog nie verander nie. As iets nou in jou binneste knaag, of jy onrustig voel, hou aan met lees. Ek hoop dat jou oë sal oopgaan vir die waarheid en dat jy Jesus sal sien vir wie Hy werklik is ... jou Verlosser.

Gebed


Vader God, ek wil U op 'n nuwe manier sien. Gee my die wysheid om die ware toedrag van sake raak te sien en verby die Satan se misleiding te kyk. Ek wil U leer ken vir wie U is, ongeag my vorige ondervindinge met godsdiens en geloof.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Undecided?

Het jy nog nie besluit oor God nie? Is jy onseker oor wat jy glo? Gebruik die volgende sewe dae om die Bybel te verken en sien wat God oor sy ware aard aan jou openbaar. Dit is jou geleentheid om die storie vir jouself t...

More

Baie dankie aan YouVersion wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.youversion.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid