Leesplan inligting

Besluiteloos?Voorbeeld

Undecided?

DAG 5 VAN 7

Onder Konstruksie

Die skrywer van die boek Hebreërs sê dat Jesus die Begin en Voleinder van ons geloof is. Hy was nog altyd die Een wat ons kom soek het. Hy het ons nie net gesoek nie, maar skryf ook ons storie van verlossing. Net soos stukkies papier wat weggegooi word terwyl 'n skrywer aan 'n storie werk, sal sommige stories nie realiseer of ondervind word nie. Jesus is egter produktief en omvattend in sy soektog. Vir elkeen is daar 'n verlossingsplan.


Hy het alreeds jou storie beplan, selfs die dele wat ook nog moet plaasvind. Dit is meer as net 'n storie. Dit is eerder soos 'n bloudruk, 'n reisprogram, of 'n plan − God se plan − vir jou. Ek het dit al so dikwels gehoor, dat dit nie vir my waar klink nie.


"God het 'n plan vir jou lewe."


Wel, Hy het regtig 'n plan. Ek weet nie alles van jou plan af nie, maar ek weet daar is 'n oomblik wanneer jy kan kies om God se vergifnis te aanvaar en 'n volgeling van Christus te word. As dit nog nie met jou gebeur het nie, kan jy dit nou kies.


Fiksieskrywers skryf dikwels hoofstukke wat nie in die finale konsep vir 'n boek opgeneem word nie. Soms stel 'n skrywer verskillende weergawes van 'n hoofstuk saam. Net een sal in die finale uitgawe opgeneem word.


Op God se tafel lê daar verskillende weergawes van jou storie, en Hy wag vir jou om te sien watter een in die "gepubliseerde weergawe" van jou lewe opgeneem gaan word. Hy is die Begin en Voleinder van jou geloof. In die Bybel lees ons dat: "God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom" (Filippense 1:6).


Dit is vreemd dat 'n God wat alles van ons af weet, vir óns wag om te besluit watter storie ons gaan kies, maar dit is hoe broos die wêreld is waarin ons leef. Elke dag gebeur daar verskriklike dinge, omdat God vir die mens die mag gegee het om self 'n keuse te maak. Ons kan kies tussen sleg of goed, aksie of onaktiwiteit. God weet alreeds wat jou keuse gaan wees, maar dit kanselleer nie jou vermoë om te kies nie.


Hoe gaan jou storie eindig? Gaan daar 'n hoofstuk wees waar jy vergifnis, vrede en vreugde ontdek wat vir jou wag? Of sal die einde hartseer en ironies wees, met jou wat naby aan verlossing gekom het, maar dit nie wou aanvaar nie, omdat jy bang was vir die risiko om soos 'n gek te lyk?


Gebed


Vader God, maak my dapper genoeg om na U uit te reik. Help my om die keuse wat U my gegee het, goed te gebruik. Ek wil die beste weergawe van u storie vir my lewe leef.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Undecided?

Het jy nog nie besluit oor God nie? Is jy onseker oor wat jy glo? Gebruik die volgende sewe dae om die Bybel te verken en sien wat God oor sy ware aard aan jou openbaar. Dit is jou geleentheid om die storie vir jouself t...

More

Baie dankie aan YouVersion wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.youversion.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid