Leesplan inligting

Besluiteloos?Voorbeeld

Undecided?

DAG 3 VAN 7

Perfeksie Is Nie 'n Vereiste Nie

Wanneer jy vir die eerste keer besef dat God die hele skepping gebruik om jou met sy boodskap te bereik, kan dit nogal fassinerend wees − selfs opwindend. Dan onthou jy hoe onvolmaak jy is. Dit is 'n natuurlike reaksie wanneer jy nader aan God kom. Hy is volmaak.


Die evangelie van Jesus Christus is veronderstel om "goeie nuus" te wees − dit is wat die woord "evangelie" beteken. Maar die realiteit is dat ons van God verwyderd is as gevolg van ons onvolmaaktheid. Ons sonde is soos 'n siekte wat ons in kwarantyn plaas. Omdat God volmaak is, kan Hy nie sonde ongestraf laat gaan nie. As die siekte onbehandeld bly, sal dit jou uiteindelik in die plek laat beland wat vir die Satan voorberei is. Dit word die hel genoem − 'n plek van donkerte, vuur en pyn.


Die goeie nuus is dat God se volmaaktheid en heiligheid net so goed is soos sy genade en ontferming. Hy wil nie hê dat enige iemand in die hel beland nie, dus het Hy 'n uitweg voorsien. Hy het toegelaat dat sy Seun Jesus ons straf op Hom neem. In ruil daarvoor bied God ons vergifnis − 'n volkome vryspraak.


As jy kies om 'n volgeling van Christus te word, moet jy ook gewillig wees om jou diepste sondes te erken en sy volledige vergifnis te aanvaar. Die evangelie is 'n uitkoms vir alle gebroke mense. Daar is niks wat jy God kan bied wat sal maak dat Hy jou makliker sal aanvaar nie. Die beste wat ons kan gee, is nutteloos.


Jesus is die enigste weg na God, want net Hy was in staat om vir ons sonde te betaal. Jesus het aan sy naaste volgelinge gesê: "Ek is die weg, en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie " (Johannes 14:6-7). Hy het hierdie woorde opgevolg deur sy lewe vir ons op te offer.


Een van my gunsteling aanhalings uit die Bybel wat ek met mense deel is: "Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe" (Romeine 5:6). Paulus het dit in sy brief aan die Romeinse kerk geskryf. Hulle was omring deur 'n heidense samelewing wat ver van God af gelewe het.


Die grenslose vergifnis wat God ons bied, kan nogal vreesaanjaend wees, aangesien dit nie toelaat dat ons 'n verskoning kan aanbied nie. God het die deure van die hemel vir alle mense oopgemaak. As ons hierdie ope uitnodiging nie aanvaar nie, verloor ons die enigste uitweg van verlossing. Daar is nie 'n alternatief nie. Daar is nie 'n agterdeur nie. Die voordeur is wawyd oop en die uitnodiging word sonder vooroordeel aangebied.


Die almagtige, onmeetlike God wil hê jy moet sy vriend word. Jy kan die uitnodiging ignoreer, maar solank jy lewe, sal die deur nie toegemaak word nie. Jy kan 'n rebel wees, maar jy sal Hom nie van plan laat verander nie. Hy sal nie sy uitnodiging terugtrek nie.

Gebed


Vader God, ek weet dat ek glad nie perfek is nie. Help my om u plan van vergifnis en herstel te verstaan. Jesus, gee my die moed om U as die enigste weg na God te aanvaar.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Undecided?

Het jy nog nie besluit oor God nie? Is jy onseker oor wat jy glo? Gebruik die volgende sewe dae om die Bybel te verken en sien wat God oor sy ware aard aan jou openbaar. Dit is jou geleentheid om die storie vir jouself t...

More

Baie dankie aan YouVersion wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.youversion.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid