Leesplan inligting

Besluiteloos?Voorbeeld

Undecided?

DAG 1 VAN 7

Klanklose Seine

Op hierdie oomblik is daar onsigbare golwe wat om jou kop rond draai. Televisieprogramme, radioprogramme, telefoongesprekke en GPS-koördinate bombardeer onophoudelik die wêreld rondom jou. Die meeste van hulle verdwyn in die grond of pols onopgemerk in die leë donkerte van die ruimte. Te midde van al die geraas kan jy buite sit en 'n stil aand geniet, heeltemal onbewus van die stortvloed. Maar as jy 'n radio, televisie of selfoon aanskakel, het die stilte skielik betekenis.


Een van daardie seine wat nou rondom jou kop draai, is die stem van God. Dit is nie elektronies nie. Dit kan nie met instrumente gemeet word of deur toestelle opgevang word nie. Tot op hierdie oomblik was jy dalk nie van God se stem bewus nie, maar dit is daar.

Die boek Job, in die middel van die Bybel, is 'n vreemde verhaal oor 'n man wat kwaad geword het vir God toe sy lewe uitmekaar begin val het. Job het God daarvan beskuldig dat Hy nie met hom praat nie, maar Job se vriend, Elihu, het Job se perspektief gekorrigeer. "Waarom beskuldig jy vir God? Hy hoef nie vir jou rekenskap te gee van sy dade nie. God spreek die mens aan, Hy huiwer nie om dit op meer as een manier te doen nie" (Job 33:13-14).


Elihu het 'n wyse waarneming gemaak. God praat altyd, maar ons luister nie altyd nie. Hy praat direk en indirek. Hy praat deur drome en deur mense. Hy praat deur pyn en deur vreugde. Hy praat deur die lewe en deur die dood. Hy praat altyd, en vandag praat Hy met jou. Dit is regtig maklik om Hom te hoor. Al wat jy moet doen, is om die enigste ontvanger wat jy het, wat sy sein sal optel, aan te skakel − jou gees.


Toe Jesus deur die godsdienstige leiers van sy tyd gekonfronteer word, omdat Hy hul heilige reëls verbreek het, het Hy met hierdie stelling gereageer: "Ek verseker julle: Daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die dooies die stem van die Seun van God sal hoor, en dié wat daaraan gehoor gee, sal lewe" (Johannes 5:25).


Kyk na jou lewe. Kan jy enige omstandighede herken wat God dalk gebruik om jou aandag te kry? Kan jy dink aan mense wat God in jou lewe geplaas het om jou te help om sy stem te hoor? Lees deur die Bybelgedeeltes in Job en Johannes, en probeer om al die maniere waarop God praat, waaraan jy dalk nie voorheen veel aandag gegee het nie, te herken.


Gebed


Vader God, maak asseblief u stem duidelik bo die geraas van my besige lewe. Help my om die mense en gebeure wat U gebruik om my aandag te trek, te herken. Maak my hart en my verstand oop om hierdie gedeeltes uit die Bybel te verstaan.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Undecided?

Het jy nog nie besluit oor God nie? Is jy onseker oor wat jy glo? Gebruik die volgende sewe dae om die Bybel te verken en sien wat God oor sy ware aard aan jou openbaar. Dit is jou geleentheid om die storie vir jouself t...

More

Baie dankie aan YouVersion wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.youversion.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid