Leesplan inligting

Maak Kinders Groot Om Geld-slim Te WeesVoorbeeld

Smart Money Smart Kids - Raising Money-Smart Kids

DAG 1 VAN 10

Dag 01: Veg vir jou kind se hart


"Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe" (Spreuke 4:23).


My ouers was vasberade om ons te leer hoe God wil hê ons met geld moet werk. Dit is nie juis veel van 'n verrassing nie, want Dave Ramsey is my pa. Dis nog steeds soms vir my wonderlik om te dink dat al die boeke en beginsels wat mense gebruik om beheer oor hul finansies te kry, in ons sitkamer begin het.


Jy sien, ons was die heel eerste gesin wat aan die “Ramsey Plan” onderwerp is. Ek is so dankbaar dat my ouers so vasberade was om ons die nalatenskap van 'n skuldvrye lewe te bied. Dit is een van die beste geskenke wat 'n ouer vir sy kind kan gee.


Maar dit kom nie vanself nie. In werklikheid is dit nogal 'n stryd.


Daar is vandag baie goed wat probeer om jou kind se aandag af te trek en hulle van koers af te lei. As ouer, het jy die Godgegewe verantwoordelikheid om hulle te leer om in alle opsigte reg te lewe, insluitend hoe om hul geldsake te hanteer.


In Spreuke, sê Salomo, die wysste man wat nog ooit gelewe het, dat die sleutel om dit te laat gebeur is om versigtig te wees met wat in ons harte omgaan. Die idee is om iets met hoë waarde op te pas en te beskerm. Soos 'n sekuriteitswag wat die kluis in die bank, of 'n waardevolle skat in die museum oppas. Hoekom so 'n duidelike voorbeeld? Alles in die lewe vloei vanuit een bron: die hart.


Jy beskerm jou lewe wanneer jy jou hart beskerm.


Ons kultuur het hul eie agenda wanneer geld ter sprake is. Jou kinders is deel van die geslag wat die meeste aan advertensies blootgestel is, en die boodskappe wat hul ontvang fokus op korttermyn bevrediging of materialisme. Hulle kan oorweldig word deur die begeerte vir meer goed, tensy jy hulle leer om versigtig te wees met wat in hul harte omgaan.


Ons gaan oor die volgende paar dae praktiese maniere bespreek om na jou kinders se harte om te sien. Ons gaan bestudeer wat die Bybel sê oor dinge soos werk, geld uitgee, spaar en skenk.


Ons gaan ook skuld en vergenoegdheid bespreek.


Ons wil jou help om geld-slim kinders groot te maak, wat uitnemende volwassenes sal word.


---


My boek Smart Money Smart Kids, wat saam met Dave Ramsey geskryf is, sal vir jou raad gee hoe om geld-slim kinders groot te maak.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Smart Money Smart Kids - Raising Money-Smart Kids

Rachel Cruze is grootgemaak en geleer hoe om met geld te werk. As Dave Ramsey se dogter, is sy van 'n jong ouderdom af geleer hoe om hard te werk, skuld te vermy, vrygewig te gee, met wysheid te spandeer en vir die toeko...

More

Ons dank gaan aan Rachel Cruze en Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: www.daveramsey.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid