Leesplan inligting

Maak Kinders Groot Om Geld-slim Te WeesVoorbeeld

Smart Money Smart Kids - Raising Money-Smart Kids

DAG 6 VAN 10

Dag 06: Alles behoort aan die Here (Gee)


"'n Psalm van Dawid. Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here" (Psalm 24:1).


Ek ontmoet baie verantwoordelike, hardwerkende mense gedurende my reise deur die wêreld. Dit sluit hoërskool leerders in wat reeds 'n noodfonds het, studente op universiteit wat graad vang sonder enige studentelenings. Jong paartjies wat begin huis opsit, maar sonder enige skuld wat soos 'n donker wolk oor hulle sou hang.


Ongelukkig het ek ook self-gesentreerde mense ontmoet. Dis die mense wat, volgens een studie, minder as enige vorige geslagte geneig is om sommer 'n skenking te gee, iemand anders te help of tot die samelewing sal bydra nie. Dis baie hartseer, nie net omdat hulle die behoeftes om hulle ignoreer nie, maar omdat hulle ook nie die vreugde en krag beleef wanneer jy vrygewig aan ander skenk nie.


'n Self-gesentreerde denkwyse is 'n groot struikelblok vir baie mense, kinders en volwassenes. Dis iets wat jou kinders heel moontlik nou mee sukkel of in die nabye toekoms sal. Dis onvermydelik omdat ons in 'n kultuur lewe wat op "ek, ek, ek" gefokus is.


Selfsugtigheid hoef egter nie jou kinders se lewens te oorheers nie. Jy kan hulle leer om met 'n oop hand te lewe. Jy kan begin deur hulle te herinner dat alles aan God behoort.


Koning Dawid sê dit baie duidelik in Psalm 24:1. God het alles gemaak, dus behoort alles aan Hom. Slegs daardie feit behoort ons siening oor geld en aardse besittings te verander.


God is nie net die eienaar van alles nie; Hy gee ook oorvloedig. Ons is geskep as sy beeld, daarom moet ons ook oorvloedig gee.


Hierdie lesse moet by die huis geleer word. Hulle leer uit die voorbeeld wat hulle sien, meer as die woorde wat hul hoor, onthou?


Wanneer kinders grootword in 'n huis waar dit 'n prioriteit is om vrygewig en oorvloedig te gee, begin sien hulle hulself in 'n ander lig omdat hulle anders na ander kyk. Jou kinders sal 'n deurbraak maak wanneer hulle die waarheid aanvaar dat alles aan God behoort en Hy ons roep om vrygewig te wees as ons gee.


Boonop kan hulle 'n verskil in die wêreld om hulle maak.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Smart Money Smart Kids - Raising Money-Smart Kids

Rachel Cruze is grootgemaak en geleer hoe om met geld te werk. As Dave Ramsey se dogter, is sy van 'n jong ouderdom af geleer hoe om hard te werk, skuld te vermy, vrygewig te gee, met wysheid te spandeer en vir die toeko...

More

Ons dank gaan aan Rachel Cruze en Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: www.daveramsey.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid