Leesplan inligting

Maak Kinders Groot Om Geld-slim Te WeesVoorbeeld

Smart Money Smart Kids - Raising Money-Smart Kids

DAG 9 VAN 10

Dag 09: Altyd nog 'n opgradering (Tevredenheid)


"Die godsdiens is 'n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het" (1 Timoteus 6:6).


Indien jy jou geluk vind in die nuwigheid van dinge, gaan jy vir die res van jou lewe soos 'n hamster op 'n wiel wees. Jy gaan aanhou om in sirkels vorentoe te beur om jou tevredenheid in die "volgende in-ding" te kry.


Ons lewe in 'n wêreld waar groter beter is en nuwer is mooier, maar daar is iets waaraan ons nie altyd dink nie.


Daar gaan altyd nóg 'n opgradering wees.


Jy lees reg. Daar gaan altyd "iets beter" wees wat jou geld en aandag gaan verg. Ouers sukkel net soos hul kinders daarmee. Ons is almal in die versoeking om die volgende opgradering na te jaag in plaas daarvan om tevrede te wees met wat ons het.


Een van die redes hoekom ons so sukkel om tevrede te wees met wat ons het, is omdat ons nie eintlik weet waaroor dit gaan nie. Ons dink om tevrede te wees het met geld te doen, terwyl dit eintlik 'n saak van die hart is. Dit is wanneer mense die leemte in hul harte met aardse besittings probeer volmaak.


Meer aardse besittings kan egter nie die leemte in jou hart vul nie.


Paulus het verstaan dat God die ware bron van tevredenheid is. In 'n brief aan sy jong vriend Timoteus, het hy uitgewys dat om God te volg en om tevrede te wees, 'n kragtige kombinasie is. Dis omdat tevredenheid van binne kom.


Wanneer jy tevredenheid het, het jy dit, ongeag hoeveel geld of aardse besittings jy het.


My pa sê altyd dat mense wat tevrede is, nie altyd die beste van alles het nie, maar hulle maak die beste van alles wat hulle het. Dit beteken dat jy en jou kinders 'n keuse het. Jy kan jouself aanhou vergelyk met alles en almal en ontevrede bly, of jy kan tevredenheid en dankbaarheid kies. Die een keuse lei tot ellende, die ander tot seëninge.


Ontmoedig jou kinders om op die hamster wiel te hardloop. Daag hulle liewer uit om ware tevredenheid te vind in hulle verhouding met God en sy planne vir hul lewens.


Tevredenheid kan moeilik wees om te ontwikkel, maar dis 'n integrale deel daarvan om kinders groot te maak wat weet hoe om in hierdie materialistiese kultuur met geld te werk.


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Smart Money Smart Kids - Raising Money-Smart Kids

Rachel Cruze is grootgemaak en geleer hoe om met geld te werk. As Dave Ramsey se dogter, is sy van 'n jong ouderdom af geleer hoe om hard te werk, skuld te vermy, vrygewig te gee, met wysheid te spandeer en vir die toeko...

More

Ons dank gaan aan Rachel Cruze en Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: www.daveramsey.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid