Leesplan inligting

Maak Kinders Groot Om Geld-slim Te WeesVoorbeeld

Smart Money Smart Kids - Raising Money-Smart Kids

DAG 2 VAN 10

Dag 02: Die verbintenis tussen werk en geld


"Harde werk bring beloning; om net te praat, bring gebrek" (Spreuke 14:23).


Ek het baie by my ouers geleer, maar die een les wat kop en skouers bo die res uitstaan, is die waarde van harde werk. Ek sal jou inlig indien jy ooit gewonder het oor die Ramsey "gesinsonderneming". Dit gaan nie net oor praat en skryf nie, ons gesinsonderneming is baie harde werk!


Selfs as 'n kind is dit hoe ma en pa dit altyd verwag het.


Tog is dit nie 'n probleem nie, want ek het geleer van die baie voordele wat harde werk bring. Byvoorbeeld: werk ontwikkel dissipline, dissipline help jou om 'n gesonder mens te wees. Werk gee jou ook die geleentheid om daardie goeie soort moeg te beleef, daardie soort moeë gevoel wat jy net kry wanneer jy iets van waarde verrig het.


My ouers het my ook geleer wat die verbintenis tussen geld en werk is. Dit is die beginsel dat jy hard moet werk vir jou geld. Geld groei nie op jou ouers se rûe nie. Op die ouderdom van 5 jaar het ek take in die huis gedoen vir 'n weeklikse kommissie. (Jy lees reg ... ons het kommissie verdien, nie sakgeld nie). As 'n tiener het ek 'n baba-oppasdiens gehad, vir 'n ruk by die winkelsentrum gewerk en selfs saam met my suster peuselhappies by my pa se kantoor verkoop.


Die formule was altyd: "Wanneer jy werk word jy betaal, as jy nie werk nie, word jy nie betaal nie."


Die Bybel sê duidelik dat hierdie verbintenis tussen geld en werk bestaan. Spreuke 14 sê dat harde werk beloning bring. Met ander woorde, ons sal werklike voordele uit harde werk put.


Ongelukkig is daar 'n hele geslag kinders wat grootword sonder om te ooit te wonder waar geld vandaan kom. Hulle dink dis hulle reg en dat hulle ma's en pa's 'n kitsbank is. Jy moet jou kinders leer verstaan dat geld deur harde werk verdien word, sodat hulle as jongmense suksesvol kan wees.


Daarom moet jy jou kinders aanmoedig om die waardigheid en profyt te ontdek wat alleen deur harde werk verkry word. Gee hulle die kans om verantwoordelikheid te leer deur kommissie te verdien of 'n deeltydse werk te begin.


Help hulle om self die verbintenis tussen geld en werk te maak.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Smart Money Smart Kids - Raising Money-Smart Kids

Rachel Cruze is grootgemaak en geleer hoe om met geld te werk. As Dave Ramsey se dogter, is sy van 'n jong ouderdom af geleer hoe om hard te werk, skuld te vermy, vrygewig te gee, met wysheid te spandeer en vir die toeko...

More

Ons dank gaan aan Rachel Cruze en Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: www.daveramsey.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid