Leesplan inligting

Maak Kinders Groot Om Geld-slim Te WeesVoorbeeld

Smart Money Smart Kids - Raising Money-Smart Kids

DAG 4 VAN 10

Dag 04: Buig, nie Breek nie


"Gee leiding aan 'n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie" (Spreuke 22:6).


Ouers, hier is iets wat julle sal skok: Alle kinders is verskillend!


As jy meer as een kind het, sou jy dit sekerlik al opgelet het. God het elkeen uniek geskep om by sy unieke plan te pas, en jy het die voorreg om te sien hoe hulle groei en ontwikkel.


Jy sal ook hul verskille raaksien wanneer hulle begin om met geld te werk. Party kinders is lief daarvoor om geld te spandeer en kan nie by 'n winkel uitstap sonder dat hul iets gekoop het nie. (Dit was ek!) Ander is weer van nature spaarders en het daardie ekstra bietjie motivering nodig om die geld in hul beursie te "spandeer".


Let wel, ek het gesê dat elke kind anders is, nie reg of verkeerd nie. 'n Mens is geneig om te dink dat die wat spaar op die regte koers is en die wat wil spandeer intensiewe terapie benodig, maar dit is nie die waarheid nie. Soos ek genoem het, was ek as kind van nature een wat graag spandeer het, maar vandag is ek 'n verantwoordelike grootmens.


Dus as die antwoord nie is om jou kinders te verander nie, wat is dit dan?


Die Bybel sê dat ouers hul kinders moet leiding gee hoe hulle moet leef. Die idee is dat ouers kinders moet begelei. Dis om raak te sien hoe God hul geskep het, en hulle binne hul unieke persoonlikhede groot te maak hoe om slim met geld te werk.


Kom ons wees eerlik ... elke kant het sy voor- en nadele. Spandeerders kan vrygewig, maar impulsief wees. Spaarders kan verantwoordelik, maar suinig wees. Nie een van die twee is beter as die ander een nie, net verskillend. Dit is hoekom dit belangrik is om uit te vind watter persoonlikheid jou kinders het waar geld ter sprake is en om goeie gewoontes daarbinne te kweek.


Ek is so dankbaar dat my ouers hierdie spandeerder gelei het om beter keuses te maak volgens my persoonlikheid, eerder as om my in 'n "jy moet spaar"-boksie in te forseer.


Jy kan kinders ook buite die boks geld-slim grootmaak.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Smart Money Smart Kids - Raising Money-Smart Kids

Rachel Cruze is grootgemaak en geleer hoe om met geld te werk. As Dave Ramsey se dogter, is sy van 'n jong ouderdom af geleer hoe om hard te werk, skuld te vermy, vrygewig te gee, met wysheid te spandeer en vir die toeko...

More

Ons dank gaan aan Rachel Cruze en Dave Ramsey wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: www.daveramsey.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid