Leesplan inligting

Liefde Bly Staan Heilige WeekVoorbeeld

Love Remains Holy Week

DAG 4 VAN 8

Nadat 'n paartjie verloof geraak het, is die ring een van die eerste dinge wat almal van wil weet of wil sien. 'n Simbool van belofte en toegeneentheid — 'n simbool van liefde. Hierdie simbool hou dikwels vir die gewer daarvan hoë kostes in, selfs maande van opoffering — om nee te sê vir 'n film saam met vriende, vir die gerief van wegneemetes of selfs vir impulsiewe aankope by die winkel. Alhoewel die opofferings dalk nie maklik is nie, is dit die moeite werd wanneer die oomblik aanbreek, die vraag gevra word en die antwoord "ja" is. 


Die aand voordat Jesus verraai word, kom 'n vrou na die huis waar Hy besoek aflê. Sy bring saam met haar 'n albaste fles gevul met kosbare reukolie. In plaas daarvan om die fles versigtig op die tafel neer te sit, doen sy iets heeltemal onverwags. Sy giet dit uit — alles daarvan — op Jesus se kop. 


Verontwaardig roep die dissipels uit: "Waarom so 'n verkwisting? 'n Mens kon die reukolie vir baie geld verkoop het en dit vir armes gegee het." Hulle was natuurlik nie verkeerd nie. Die vrou het egter nie 'n geskenk gebring sodat dit aan iemand anders gegee kon word nie. Sy het vir Jesus 'n geskenk gebring om aan Hom haar liefde te betoon en sy het nie omgegee oor die kostes nie. 


Wat van jou? Op watter manier het jy al opofferende liefde ervaar? Op watter maniere het jy dit al aan ander betoon?


Lees weer Matteus 26:6-19 en vra jouself af wat God in hierdie feestyd vir jou wil sê.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Love Remains Holy Week

Dit is moeilik om ons voor te stel wat Jesus in die dae voor die kruisiging gedink of gevoel het, maar van een ding is ons seker — die vertroue en versekering wat Jesus het in die goeie en getroue liefde van God. Gaan ge...

More

Ons wil graag vir World Relief bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.worldrelief.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid