Leesplan inligting

Liefde Bly Staan Heilige WeekVoorbeeld

Love Remains Holy Week

DAG 8 VAN 8

"Hy is nie hier nie, Hy het opgestaan!"



Hierdie woorde, wat eeue gelede deur 'n engel gespreek is, word vandag steeds oor die aardbol herhaal. Hulle herinner ons daaraan dat liefde altyd sal volhard: 



Liefde wat deel word van die lewe se morsigheid;



Liefde wat die alledaagse omver werp sodat ons God kan beleef;



Liefde wat vir ander omgee en hulle dien;



Liefde wat opofferings maak om dít te gee wat nooit verdien kan word nie;



Liefde wat verduur ter wille van vryheid;



Liefde wat oorgee sodat dit lewe kan gee;





Liefde wat volhard.  



Die liefde wat deur die dood en opstanding vertoon is, is een wat voortbestaan en wat altyd beskikbaar is. Vir dié wat dit aanneem, lei dit 'n nuwe lewenswyse in en dit is ook vandag vir jou beskikbaar. 



Hierdie liefde wat Jesus getoon het, is dieselfde liefde wat vandag nog in ons — die kerk — leef. Sy offer, sy uithouvermoë, sy oorgawe was altyd bedoel as die begin van 'n beweging, nie die einde daarvan nie.  



Ons eindig Paasfees op dieselfde manier as wat ons Palm Sondag begin het — in feeviering! Hierdie keer, egter, is alles nuut! Ons hoop staan vas, ons geloof is versterk en liefde volhard. Dit is goeie nuus. 



Lees weer Markus 16:1-16 en vra jouself af wat God in hierdie feestyd vir jou sê.


Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Love Remains Holy Week

Dit is moeilik om ons voor te stel wat Jesus in die dae voor die kruisiging gedink of gevoel het, maar van een ding is ons seker — die vertroue en versekering wat Jesus het in die goeie en getroue liefde van God. Gaan ge...

More

Ons wil graag vir World Relief bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.worldrelief.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid