Leesplan inligting

Liefde Bly Staan Heilige WeekVoorbeeld

Love Remains Holy Week

DAG 1 VAN 8

Feesviering. Hoop. Verwagting. Vrede. Sekerheid. Hierdie is almal waarskynlike emosies wat dié ervaar het wat palmtakke in die stofpad gegooi het terwyl hulle opgewonde en met vreugde geskree het. Hulle was natuurlik ook reg om só uitbundig oor Jesus te voel. Te midde van Romeinse onderdrukking het sy aankoms feesviering en die sekerheid van 'n nuwe toekoms meegebring.



Op hierdie Palm Sondag voel jy dalk bietjie afgesonder van jou mense wat ver is en bedreig deur vrees en onsekerheid oor die toekoms. Dit is alles in die haak. Palm Sondag herinner ons juis daaraan dat Jesus steeds Koning is — selfs te midde van ontwrigting en al jou gevoelens van onsekerheid. Hy is steeds die draer van hoop, die draer van vrede en Hy het ons steeds meer lief as wat ons ooit kan durf om te droom. Mag jy vandag en hierdie week rus hierin vind!



Lees weer Lukas 19:37-39 en vra jouself af wat God vir jou hierdeur wil sê.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Love Remains Holy Week

Dit is moeilik om ons voor te stel wat Jesus in die dae voor die kruisiging gedink of gevoel het, maar van een ding is ons seker — die vertroue en versekering wat Jesus het in die goeie en getroue liefde van God. Gaan ge...

More

Ons wil graag vir World Relief bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.worldrelief.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid