Leesplan inligting

Liefde Bly Staan Heilige WeekVoorbeeld

Love Remains Holy Week

DAG 2 VAN 8

Skokkend. Die eerste storie wat Matteus aan ons vertel nadat Jesus Jerusalem triomfantlik binnekom het, is skokkend. Jesus gaan na die tempelhowe om die mense te leer, soos Hy reeds vele male vantevore gedoen het. Toe Hy egter daardie oggend die tempelhowe binnestap, sien Hy iets wat Hom hartseer en kwaad maak. Dít wat veronderstel was om 'n plek van aanbidding te wees, het ontaard in 'n bruisende, besige mark. Die plek bedoel as 'n plek van ontmoeting met God, was nou gevul met die geskreeu van verkoopsmanne wat 'n transaksie wou beklink. 



Die hartseer daarvan dat mense so afgelei was dat hulle geensins die teenwoordigheid van God kon beleef nie, was vir Jesus ondraaglik. Hy het hul tafels begin omgooi en die geldwisselaars en verkopers van "godsdienstige" items uitgejaag. Sy optrede was skokkend, maar dit het die afleidings tot 'n einde gebring. 



Die blindes en kreupeles het na Hom gekom in die tempel, en Hy het hulle gesond gemaak. 



Jesus was ontwrigtend sodat mense die liefde van God kon leer ken en ervaar.



God se liefde is ontwrigtend. Dit ontwrig die dinge wat ons dink ons kan red, maar wat eintlik besig is om ons te vernietig.



Lees weer Matteus 21:12-17 en vra jouself af wat God vir jou wil sê.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Love Remains Holy Week

Dit is moeilik om ons voor te stel wat Jesus in die dae voor die kruisiging gedink of gevoel het, maar van een ding is ons seker — die vertroue en versekering wat Jesus het in die goeie en getroue liefde van God. Gaan ge...

More

Ons wil graag vir World Relief bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.worldrelief.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid